Trompsburg is 'n dorp in die provinsie Vrystaat (Suid-Afrika) en die ekonomiese sentrum van die Suid-Afrikaanse merinoskaapteelt. Die dorp is 37 km suid van Edenburg, 30 km noord van Springfontein en die N1 nasionale pad gaan langs die dorpie verby.

Geskiedenis duimnael|links|Trompsburgspoorwegstasie duimnael|links|Verinneweerde stasie Met die bou van 'n spoorlyn in die gebied het die dorp ontwikkel op die plaas Middelwater, wat aan Jan en Bastiaan Tromp behoort het.

Die dorp se naam is verskeie kere gewysig. Dit het aanvanklik bekend gestaan as Jagersfontein Road, maar is later ter ere van Sir Hamilton John Goold-Adams, goewerneur van die Oranjerivierkolonie in die tydperk tussen 1902 en 1910, herdoop tot Hamilton. Die huidige naam herinner aan die oorspronklike eienaars van die plaas Middelwater.

Trompsburg het in 1902 munisipale status verkry.

Distrik Die distrik is ongeveer 2 000 km² groot. Daar word hoofsaaklik met Merinoskape geboer.

Boorlinge Karel Schoeman, Afrikaanse skrywer.

Sien ook Gereformeerde kerk Reddersburg, waaronder Trompsburg ressorteer NG gemeente Trompsburg Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bron

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Nedersettings in die Vrystaat