'n Wêreldtaal is 'n taal wat wyd verspreid deur 'n aansienlike hoeveelheid mense gepraat word, en wat deur baie mense as 'n tweede taal aangeleer word. 'n Wêreldtaal word nie net deur die aantal mense wat dit praat (as eerste of tweede taal) gekarakteriseer nie, maar ook deur sy geografiese verspreiding en die gebruik daarvan deur internasionale organisasies en in diplomatiese betrekkinge.Baker & Jones Encyclopedia of bilingualism and bilingual education Wêreldtale is oor die algemeen van Europese oorsprong, as gevolg van die periode van Europese Imperialisme.
Arabies senter|frameless|upright=3|Lande waar Arabies gepraat word Marokko, Wes-Sahara, Mauritanië, Algerië, Tunisië, Libië, Tsjad, Egipte, Soedan, Eritrea, Djiboeti, Somalië, Israel, Palestina, Jordanië, Saoedi-Arabië, Jemen, Oman, Verenigde Arabiese Emirate, Katar, Bahrein, Koeweit, Irak, Libanon en Sirië
Chinees senter|frameless|upright=3|Lande waar Chinees gepraat word China, Taiwan, Singapoer
Duits senter|frameless|upright=3|Lande waar Duits gepraat word Duitsland, Oostenryk, Switserland, Liechtenstein, België (Ooskantons), Luxemburg, Frankryk (Elsas-Lotaringe), Italië (Suid-Tirool), ook in Namibië, Suid-Afrika, Rusland, Kasakstan, Pole, Tsjeggië, Slowakye, Roemenië, Brasilië, Paraguay, Argentinië, VSA, Kanada en Hongarye
Engels senter|frameless|upright=3|Lande waar Engels gepraat word Australië, Kanada, Botswana, Ierland, Indië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika, Verenigde Koninkryk, Verenigde State, Zimbabwe, ens.
Frans senter|frameless|upright=3|Lande waar Frans gepraat word Frankryk, België (Wallonië), Luxemburg, Switserland, Monaco, Kanada, Haïti, groot dele van Afrika.
Italiaans senter|frameless|upright=3|Lande waar Italiaans gepraat word Italië, San Marino, Switserland, Vatikaanstad, ook in Somalië en Libië
Japannees frameless|upright=2|senter|Lande waar Japannees gepraat word Japan
Nederlands (en Afrikaans) senter|frameless|upright=3|Lande waar Nederlands gepraat word Nederlands: Aruba, België, Curaçao, Nederland, Suriname, Sint-Maarten, Frans-Vlaandere en in die Duits-Nederlandse grensgebiede. Voormalig in Indonesië en Suid-Afrika.
Afrikaans: Namibië en Suid-Afrika.
Beide tale as immigrante tale in: Australië, Botswana, Kanada, Nieu-Seeland, Verenigde Koninkryk, Verenigde State van Amerika, Zambië en Zimbabwe.
Beide tale is in hoë mate onderling verstaanbaar. Die tale word met ongeveer 50 miljoen sprekers as van die kleinste wêreldtale beskou.
Portugees senter|frameless|upright=3|Lande waar Portugees gepraat word Portugal, Brasilië, Angola, Mosambiek, Oos-Timor, Kaap Verde, Guinee-Bissau, São Tomé en Principe, Macau.
Russies senter|frameless|upright=3|Lande waar Russies gepraat word Rusland en voormalige Sowjetunie
Spaans senter|frameless|upright=3|Lande waar Spaans gepraat word Spanje, Latyns-Amerika, Filippyne, Ekwatoriaal-Guinee, Wes-Sahara
Verwysings
Kategorie:Taalkunde