Stockholm
Europese Kultuurstad 1998Europeisk kulturstad 1998
280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Landskappe 15px Södermanlanden 15px Uppland Län 20px Stockholm Koördinate Stigting 13de eeu Oppervlakte: - Tätort 381,63 vk km - Kommun 214,6 vk km - Storstadsområde 6 519 vk km Hoogte bo seevlak 28 m Bevolking: - Tätort (2023) 1 617 407 - Kommun (2023) 988 943 - Bevolkingsdigtheid (kommun) 4 608/vk km - Storstadsområde (2023) 2 415 139 Tydsone UTC +1 (MET) - Somertyd UTC +2 (MEST) Klimaat - Tipe Gematigde klimaat - Gem. jaarlikse temperatuur 7,9 °C - Gem. temp. Januarie/Julie −1,0 / 18,7 °C - Gem. jaarlikse neerslae 546,4 mm Burgemeester Karin Wanngård (S) Amptelike webwerf start.stockholm
Stockholm (Sweeds: [ˈstɔ̂kː(h)ɔlm], ) is die hoofstad en grootste stad van Swede met 'n oppervlakte van 214,6 vierkante kilometer en 'n bevolking van 988 943 in 2023. Die agglomerasie van Stockholm – die grootste in Noord-Europa – het 2,4 miljoen inwoners.
duimnael|links|Riddarholmen en die ou stadskern Gamla Stan (Ou Stad) As die politieke, ekonomiese en kulturele sentrum van die land word Stockholm veral deur die kontras van land en water (die stad strek oor veertien eilande en lê digby 'n eilandgroep met sowat 24 000 klein eilandjies), historiese en moderne boukuns (die ou stadskern Gamla Stan, waarvan die vroegste dele uit die 13de eeu dateer, is een van die grootste Middeleeuse stadsbuurte in Europa en uniek in sy soort), landelike voorstede en besige sakesentrum, en die lange, helder nagte van die Skandinawiese somer en kort winterdae gekenmerk.
Vanweë sy ligging op veertien eilande word Stockholm as een van die pragtigste stede ter wêreld beskou en dikwels ook die "Venesië van die Noorde" genoem; sy 13de eeuse stigter het 'n strategiese plek gekies waar die uitgestrekte Mälarmeer in die Oossee uitmond. Water beslaan sowat 'n derde van Stockholm se oppervlakte sodat brûe en jaghawens 'n belangrike bestanddeel van die stad geword het. 'n Doeltreffende omgewingsbeleid het verseker dat hengelaars selfs in die middestad van Stockholm salms kan vang – die stad se wateroppervlaktes pronk in die algemeen met drinkwaterkwaliteit. Danksy die invloed van die see en die warm Golfstroom het Stockholm 'n gematigde klimaat met aangename somers en sneeuvalle tussen Januarie en Maart.
Stockholm het lankal tot die belangrikste toeristebestemming in Skandinawië ontwikkel en vervul in baie opsigte 'n rol as die kulturele hoofstad van die Nordiese lande. Stockholm staan daarnaas internasionaal bekend as die moederstad van die Nobelprys. Stockholm is aangewys as die Europese Kultuurstad van die jaar 1998.
Etimologie Die oudste verwysings na die stad, wat die naam Stockholm gebruik, dateer uit die 13de eeu en kom in twee Latynse dokumente van Julie 1252 en 19 Augustus 1252 voor. Daar word aangeneem dat die stadsnaam van die versterkings tussen die Mälarmeer en die Oossee afgelei is wat met boomstamme (Sweeds: trästockar) gebou is.
Volgens 'n ander teorie is die naam van die Oud-Sweedse woord stock afgelei wat letterlik "'n groep van" beteken het – Stockholm kan dus ook as "'n groep van eilande" vertaal word.
Die naam in ander tale Reeds in sy vroeë geskiedenis – die ontstaantydperk van die eerste skriftelike verwysings na Stockholm – het Finssprekende bewoners van die Botniese Golf se oostelike kusgebiede in die stad gevestig en dit Tukholma genoem (tukki is die Finse woord vir "boomstam"). Die groot aantal Duitssprekende inwoners het daarenteen die Sweedse benaming Stockholm behou.
In twee van Swede se amptelike minderheidstale, Meänkieli (Tornedal-Fins) en Samies, word Stockholm respektiewelik Stokholmi en Stockholbma genoem. In Latyn word 'n kort vorm, Holmia, as benaming vir Stockholm gebruik. Die Latynse stadsnaam het in 1878 ook as basis vir die benaming van die element holmium gedien.
Byname Stockholm se talle byname sluit "Venesië van die Noorde" (Nordens Venedig), Eken ("Eikeboom"), "Pêrel van Europa" (Europas Pärla), Kungsbudane, en "Koningin van die Mälarmeer" (Mälardrottningen) in. 'n Bekende skertsnaam is Noll-åtta ("Nul-agt").
Die munisipaliteit Stockholm bemark die hoofstadgebied sedert 2006 as The Capital of Scandinavia ("Die Hoofstad van Skandinawië") en wys daarop dat die stad homself as die natuurlike middelpunt van Skandinawië, sy ekonomiese sentrum en toonaangewende kultuurstad beskou. Die bynaam en bewerings, wat daarmee gepaard gaan, het besware van ander Skandinawiese hoofstede uitgelok.
Geografie duimnael|Die oorgang van die Mälarmeer met sy soet water na die Oossee Stockholm se landskapsvorm het in die loop van die stad se geskiedenis as gevolg van Skandinawië se postglasiale opheffing sterk verander. Stadsdele, wat vandag deel van die vasteland uitmaak, was enkele honderd jaar gelede nog eilande.
'n Seeboesem van die Oossee omsluit die stad in die ooste met talle inhamme, landtonge en sowat 24 000 rotseilande (sogenaamde skere). Hierdie eilandgebied word in Sweeds Skärgården genoem.
Stockholm is by die uitmonding van die Mälarmeer (die Riddarfjärden) in die Oossee geleë. Die Mälarmeer strek oor 'n afstand van 120 kilometer in westelike rigting na die binneland. Slussen, 'n sluis in Stockholm se middestad, skei die Mälarmeer se soet water van die Oossee se soutwater in die ooste.
Water bedek sowat dertig persent van die stad se totale oppervlakte. Die Mälarmeer is Stockholm se hoofsaaklike drinkwaterbron, en danksy die hoë watergehalte kan 'n mens selfs in die stadsentrum vir salms hengel. Stockholm is op veertien eilande geleë wat deur 53 brûe met mekaar verbind word. Bosgebiede beslaan eweneens 'n groot deel van die stadsgebied.
'n Grintmorene, wat tydens die Ystydperk as gevolg van vergletsering ontstaan het en deur die Mälarmeer se uitloop deurbreek is, loop in noord-suidelike rigting. Die eilande in die stroom is oorblyfsels van hierdie bergrug.
Panoramiese uitsig oor Stockholm <center> 900px|Panoramiese uitsig oor Stockholm, soos gesien vanaf die Stadshustornet ("Stadshuistoring")
Klimaat duimnael|Satellietbeeld van Stockholm in 2018
Geskiedenis Vroeë geskiedenis Die stadsgebied van Stockholm het op grondgesteente van gneiss en graniet ontstaan wat sowat twee miljard jaar gelede gevorm het. Oor 'n tydperk van baie miljoen jare het krake in die gesteentelaag begin verskyn wat vanuit die noordweste in suidoostelike rigting loop en deur riviere geleidelik tot valleie omgeskep is. Die huidige mere Långsjön, Magelungen en Drevviken is die resultate van hierdie geologiese proses. Uiteindelik het breuke begin vorm wat in oos-westelike rigting loop en onder meer die huidige hoë, donker rotswande langs die noordoewer van Södermalm geskep het.
Die breuke, wat in noordelike rigting loop, is drie miljoen jaar gelede deur 'n reeks ystydperke geslyp, terwyl hul suidelike eweknieë nie deur hierdie proses geraak is nie. Gedurende die laaste koue periodes van die Pleistoseen (70 000 tot 9 500 v.C.) het yslae met 'n dikte van tot by twee kilometer die streek bedek. Alhoewel die ys alle spore van vroeë lewe in die gebied uitgewis het, neem wetenskaplikes nogtans aan dat mense ongeag die gebrek aan argeologiese bewyse die streek reeds voor die ystydperk bewoon het. Die oorblyfsels van 'n mammoet is in die stadsentrum van Stockholm opgegrawe.
duimnael|Rotswande in Södermalm Toe die ys omstreeks 11 500 v.C. afgesmelt het, is die huidige stadsgebied aanvanklik deur water oorstroom sodat die destydse seevlak veertig meter hoër as vandag gestyg het, en eers later het die land geleidelik begin rys om die eerste klein eilandjies te vorm. Die bergrûe uit sand, gruis en rotse, wat deur die ys agtergelaat is, getuig nog steeds van die destydse spoed van jaarliks 250 meter waarmee die yslaag oor 'n periode van twee eeue teruggewyk het. Onder die yslaag het riviere eskers (of smeltwaterrûe) gevorm soos byvoorbeeld die uitgestrekte Brunkebergsåsen wat met sy steil hellings nog steeds 'n natuurlike versperring in die stadsentrum van Stockholm is.
Aan die begin van die Steentydperk – sowat 1 000 jaar later – het die eerste mense hulle in die gebied gevestig wat destyds deur 'n relatief warm Mediterreense klimaat gekenmerk was. As gevolg van die postglasiale landopheffing is argeologiese oorblyfsels van hierdie nedersettings veraf van die huidige kus en die metropolitaanse gebied geleë. Vondse sluit 'n verskeidenheid werktuie in, waaronder pylpunte wat uit kwarts en vuursteen vervaardig is. Hierdie vroeë beskawing van jagters en versamelaars het hoofsaaklik jag op robbe gemaak.
In die laat Steentydperk (omstreeks 4 200 tot 1 800 v.C.) het die plaaslike bewoners begin om permanente nedersettings op te rig, alhoewel die skaarste aan voedselbronne soms nog 'n tydelike nomadiese leefwyse noodsaaklik gemaak het. Behuising is op sterk pale gebou wat in die grond geboor is. Grafvondse dui op 'n gevorderde beskawing wat steenbyle, keramiek, gesofistikeerde kledingstukke en ander indrukwekkende gebruiksgoedere vervaardig het.
As die hoofstad van die Mälarvallei het Stockholm twee historiese voorlopers – Birka (omstreeks 790–975 n.C.) en Sigtuna, wat nog steeds bestaan en die gebied in die periode tussen 1000 en 1240 oorheers het. Daarna het Stockholm se opgang begin.
Die Middeleeue duimnael|Hierdie fragment van 'n runesteen by die hoek van Prästgatan en Kåkbrinken, wat deur argeoloë U 53 genoem word, is waarskynlik in 'n nedersetting uit die Ystertydperk naby die historiese stadskern van Stockholm gevind en hergebruik as boumateriaal vir 'n huis Historiese dokumente, wat na Stockholm verwys, het eers lank ná die stad se stigting ontstaan, en min is bekend oor die ontwikkeling van Stockholm in die middel van die 13de eeu. Dokumente soos briewe en dagboeke, wat uit hierdie periode bewaar gebly het, dui egter daarop dat Stockholm in die laat 1270's en dwarsdeur die 1280's vinnig gegroei het om uiteindelik die grootste stad in die land te word.
Geskiedkundiges het nog nie konsensus bereik oor die agtergrond van hierdie groei nie. Dit was moontlik 'n beplande ontwikkeling wat deur die Sweedse koning en Duitse handelaars aan die gang gesit is, of Stockholm het skielik begin groei. Destyds het strate 'n stad gewoonlik soos die blokke op 'n skaakbord verdeel, veral in Duitsland en Pole, maar hierdie soort straatrooster word nie in die Middeleeuse Stockholm aangetref nie sodat die tweede hipotese meer waarskynlik lyk.
Die Middeleeuse Erik-kroniek uit die jaar 1252 verwys na die heerser Birger Jarl as die stigter van Stockholm. Hy was omstreeks 1250 blykbaar van plan om 'n vesting te bou wat die Mälarmeer teen plunderings deur seerowers sou beskerm, maar moontlik ook om sy posisie in Swede te versterk en ekonomiese groei te bevorder. Swede was destyds al vyftig jaar lank in 'n verbete stryd van verskillende politieke faksies verwikkel en kon die bou van die eerste werklike stad in die land nouliks bekostig.
Volgens 'n ooreenkoms met die magtige Duitse Hansestad Lübeck het Birger Jarl Duitsers uitgenooi om hulle as nuwe burgers in Swede te vestig en sekere voorregte aan voornemende immigrante toegesê. Terwyl daar geen historiese dokumente bewaar gebly het wat na Duitse setlaars as die stigters, beplanners en boumeesters van Stockholm verwys nie, berig destydse bronne oor die vestiging van groot getalle Duitsers in Swede en die gelyktydige begin van mynbou-aktiwiteite in die land.
duimnael|links|Hierdie ou hyskraan, wat bo Järntorget hang, dateer uit die Middeleeue toe Järntorget nog 'n besige markplein was