duimnael|280px|'n Soney DVD-opnemer duimnael|regs|280px|'n DVD-opnemer met 'n geïntegreerde hardeskyf

'n DVD-opnemer is 'n DVD-masjien wat televisieprogramme en opnames van digitale videokamera's op DVD-skywe kan skryf, maar ook as gewone DVD- en CD-speler kan dien. Die mees gevorderde DVD-opnemers, wat tans onder meer deur die Japannese vervaardiger Panasonic aangebied word, is in staat om op alle beskikbare DVD-formate (DVD-R, DVD-RW, DVD-RAM, +R en +RW) te skryf, speel DVD-Oudio-opnames en kan danksy hulle HDMI-koppelvlak DVD-opnames in hoë resolusie weergee, wat veral geskik is vir LCD- en plasmavertooneenhede.

DVD-formate vir opnames duimnael|regs|250px|Die agtersy van DVD-opnameskywe DVD-opnemers is in staat om videosnitte van televisie en videokamera's op DVD-skywe te stoor. Gevorderde masjiene beskik ook oor 'n hardeskyf en kan op DVD-RAM-skywe skryf, sodat TV-programme met 'n tydverskuiwing geniet kan word: Die DVD-opnemer kan tegelykertyd die begin van 'n program weergee, terwyl hy nog steeds besig is om die res van die program op te neem. TV-programme kan ook op die hardeskyf gestoor en later op DVD geskryf of uitgewis word.

Tegnologie Terwyl videomasjiene 'n magneetband gebruik om TV-opnames te stoor, beskik DVD-opnemers, net soos CD- en DVD-skrywers, oor 'n laser, wat nie-reflekterende gaatjies in die spieëllaag van 'n DVD-skyf inbrand. Hierdie gaatjies bevat data, wat deur 'n swakker laser gelees en as beeld en geluid weergegee kan word.

DVD-opnemer versus bandmasjien DVD-opnemer VideomasjienAard van datadigitaalanaloogTegnologieinbrand van gaatjies deur middel van 'n lasermagnetiesTydverskuiwing (Time-shift, Time Slip)gevorderde modelle met DVD-RAM en/of hardeskyfnie beskikbaar nieSnelheid van opnames: Videoband na DVDafhanklik van DVD-formaat en -opnemer; sneller as speeltydneem so lank soos die speeltydUitwis- en bewerkbaarheid van opnamesDVD±R-opnames kan nie gewysig of uitgewis word nie; DVD±RW-opnames kan uitgewis word om plek te maak vir nuwe opnames; DVD-RAM-opnames kan gewysig en uitgewis wordkan volledig uitgewis of verander word

Sien ook DVD-speler DVD DVD-RAM

Kategorie:DVD Kategorie:Elektroniese verbruikersware

de:Brenner (Hardware)#DVD-Brenner fi:DVD-soitin#Tallentavat DVD-soittimet