Die 19de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Engels: FIFA World Cup South Africa 2010) is vanaf 11 Junie tot 11 Julie 2010 in Suid-Afrika aangebied. Dit was die eerste keer dat ’n Afrikaland die kans gekry het om hierdie tweede grootste sportfees ter wêreld (ná die Olimpiese Somerspele) te organiseer, nadat FIFA net aansoeke van dié vasteland toegelaat het; Suid-Afrika is bo Marokko en Egipte gekies. Ná die Rugbywêreldbeker 1995 en die Krieketwêreldbeker 2003 was dit die derde Wêreldbekertoernooi in een van Suid-Afrika se gewildste sportsoorte; ná Engeland het Suid-Afrika die tweede land geword wat hierdie drie toernooie gehuisves het. Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 het as ’n voorbereiding vir die gasheerland gedien.

duimnael|links|upright|Die Sokker-Wêreldbekertrofee waarom meegeding is 32 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 deelgeneem. Die spanne is in agt groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die agtste eindrondte deurgedring het. Spanje het die trofee gewen nadat hulle Nederland op 11 Julie in Johannesburg se Sokkerstad met 1–0 in ekstra tyd geklop en sodoende hul eerste wêreldbekertitel ingepalm het. Spanje het die agtste nasie geword om ’n Wêreldbekertoernooi te wen en die eerste Europese span wat dit buite Europa vermag het. Al die vorige toernooie buite Europa is deur Suid-Amerikaanse spanne gewen. Met sy verowering van die wêreldbekertitel het Spanje regstreeks vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 in Brasilië gekwalifiseer. Duitsland het in die derde en Uruguay in die vierde plek geëindig. Die verdedigende kampioen Italië is reeds in die groepfase uitgeskakel; dieselfde lot wat voorheen Brasilië in 1966 en Frankryk in 2002 toegeval het.

Suid-Afrika is reeds in die groepsfase uitgeskakel: die eerste gasheerland in die Sokker-Wêreldbekertoernooi-geskiedenis wat nie na die uitklopfase kon deurdring nie. Die nasionale sokkerspan van Slowakye het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem. Hulle het vroeër deel uitgemaak van die Tsjeggo-Slowaakse nasionale sokkerspan. Serwië het vir die eerste keer onder dié naam aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem, nadat hul vroeër as Joego-Slawië en aansluitend as Serwië en Montenegro gespeel het.

Toewysing duimnael|links|Danny Jordaan, hoof van die Suid-Afrikaanse reëlingskomitee duimnael|Openingseremonie van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 in Johannesburg se Sokkerstad duimnael|Aanhangers van Bafana-Bafana, soos die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan algemeen bekend staan, kyk tydens die Sokker-Wêreldbeker na ’n grootskerm wat deur FIFA in Soweto opgerig is Suid-Afrika is op 15 Mei 2004 in Zürich deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010. Volgens FIFA se rotasiestelsel vir die Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 is slegs aansoeke van Afrikalande aanvaar. Naas Suid-Afrika het Egipte en Marokko ook vir die toernooi gebie. ’n Gesamentlike bod van Libië en Tunisië is nie deur FIFA goedgekeur nie. Libië het onder meer duidelik gemaak dat ’n deelname van Israel nie aanvaarbaar sou wees nie. Volgens ’n verklaring van FIFA was Libië se infrastruktuur heeltemal ontoereikend vir ’n wêreldbekertoernooi. Nigerië het sy bod reeds vroeër teruggetrek. Suid-Afrika het in die eerste rondte van die stemming met veertien stemme teenoor Marokko se tien gewen. Egipte het geen stem gekry nie.

Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 Land Rondte 1 14 10 0

Kwalifisering As gasheer het Suid-Afrika regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 gekwalifiseer. Van die 31 oorblywende plekke is 13 vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, vyf vir CAF (Afrika), vier vir CONMEBOL (Suid-Amerika), vier vir AFC (Asië) en drie vir CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika). Twee plekke is tydens uitspeelwedstryde tussen AFC en OFC (Oseanië), asook tussen CONCACAF en CONMEBOL beslis.

Kwalifiserende spanne Die volgende 32 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:

duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering: SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie3de11986Groepfase (1982, 1986)15de102006Kampioen (1978, 1986)3de22006Agtste eindrondte (2006)19de192006Kampioen (1958, 1962, 1970, 1994, 2002)8ste11998Derde plek (1962)4de12002Kwarteindrondte (1998)17de152006Kampioen (1954, 1974, 1990)13de42006Kampioen (1966)13de42006Kampioen (1998)2de22006Agtste eindrondte (2006)2de11994Groepfase (1994)2de11982Groepfase (1982)17de132006Kampioen (1934, 1938, 1982, 2006)2de22006Groepfase (2006)4de42006Agtste eindrondte (2002)6de12002Kwarteindrondte (1990)14de52006Kwarteindrondte (1970, 1986)9de22006Naaswenner (1974, 1978)4de12002Agtste eindrondte (1994, 1998)2de11982Groepfase (1982)2de11966Kwarteindrondte (1966)8ste42006Agtste eindrondte (1986, 1998, 2002)5de32006Derde plek (1966)11de22006Vierde plek (1930, 1962)1ste1–Debuut2de12002Groepfase (2002)13de92006Vierde plek (1950)3de12002Groepfase (1998, 2002)8ste72006Vierde plek (2002)9de22006Kwarteindrondte (1934, 1938, 1954)11de12002Kampioen (1930, 1950)9de62006Derde plek (1930)

Aanbieding Gasheerstede en -stadions Die organiseerders het in 2005 ’n lys van elf stede en dertien stadions vrygestel, waarvan uiteindelik tien vir die toernooi gekies is: Bloemfontein, Durban, Johannesburg (twee stadions), Kaapstad, Kimberley, Nelspruit, Orkney, Polokwane (Pietersburg), Port Elizabeth, Pretoria (twee stadions) en Rustenburg.

Op 17 Maart 2006 het FIFA die amptelike lys van gasheerstede en -stadions bekend gestel:

Johannesburg Kaapstad Durban Johannesburg ENB-stadion (Sokkerstad) Kaapstad-stadion(Groenpunt-stadion) Moses Mabhidastadion(Durbanstadion) Ellispark-stadion Kapasiteit: 84 490 Kapasiteit: 64 100 Kapasiteit: 62 760 Kapasiteit: 55 686 200px 200px 200px 200px Pretoria Port Elizabeth Loftus Versfeld Nelson Mandelabaaistadion Kapasiteit: 42 858 Kapasiteit: 42 486 200px 200px Polokwane Nelspruit Bloemfontein Rustenburg Peter Mokaba-stadion Mbombela-stadion Vrystaatstadion Royal Bafokeng-stadion Kapasiteit: 41 733 Kapasiteit: 40 929 Kapasiteit: 40 911 Kapasiteit: 38 646 200px 200px 200px 200px

Die eindstryd van die Sokker-Wêreldbekertoernooi het in Sokkerstad (ook bekend as die FNB-Stadion of “Soccer City”) plaasgevind. Die stadion is voor die toernooi gemoderniseer en van ’n volle dak voorsien. Sy kapasiteit is ook tot 95 000 sitplekke verhoog.

Gelukbringer Op 22 September 2008 is die 2010-wêreldbeker se gelukbringer bekendgestel. Sy naam is Zakumi en hy is ’n groen luiperd. Luipaard Zakumi mascotte WK 2010, sportwereld.nl.

Organisasie duimnael|Polisie patrolleer in Blikkiesdorp, ’n nedersetting vir die uitgesette duimnael|Produksiestel van die FIFA se internasionale uitsaaisentrum tydens die geleentheid ’n Groep inspekteurs van FIFA het in hul verslaggewing bevestig dat die standaard van Suid-Afrika se vervoerstelsel, telekommunikasie, hotelle en mediese fasiliteite op ’n baie hoë peil en dus goed toegerus is vir die toernooi. Nogtans is die veiligheidsituasie in die land as ’n groot probleem beskou. FIFA het egter daarop vertrou dat die Suid-Afrikaanse regering oor die middele en die kundigheid beskik om as gasheer van die toernooi op te tree.

Die toernooi is deur die meeste Suid-Afrikaners as ’n kans beskou om die proses van demokratisering en etniese versoening te bevorder. Volgens Suid-Afrika se bod sou die totale beleggings in verband met die toernooi VS$ 825 miljoen beloop. Die organisasiekomitee het beraam dat die inkomste in verband met kaartjieverkope €467 miljoen sou wees. Plaaslike borge se bydraes sou 47 miljoen beloop.

Die pryse vir kaartjies het tussen VS$ 20 en 1083 beloop, tog was die groep van inspekteurs van mening dat die kaartjieverkope hersien sou moet word, aangesien toegangsgelde vir plaaslike sokkerwedstryde gewoonlik tussen twee en tien dollar beloop het.

Infrastruktuur Die internasionale lughawens in Johannesburg, Kaapstad en Durban is voor die wêreldbekertoernooi vergroot om 'n groter aantal passasiers te hanteer. Daar is altesame tien lughawens, wat geskik is vir groot passasiervliegtuie. ’n Nuwe snelspoorlyn, die Gautrein, het treinpassasiers tussen Pretoria, Johannesburg en O.R. Tambo Internasionale Lughawe vervoer. Die bestaande spoorwegnetwerk van meer as 20 000 kilometer is ook gemoderniseer.

Probleme In die winter van 2006 het boubedrywighede by die vier nuwe stadions en die modernisering van die bestaande geriewe egter nog nie begin nie. Persberigte, waarvolgens FIFA reeds oorweeg het om die toernooi na ’n ander land te verskuif, was volgens die organisasie op vals gerugte gegrond.

Die oorverdowende geraas van toeskouers wat die vuvuzela tydens wedstryde blaas kon deurgaans gehoor word. Ná verskeie klagtes het FIFA besluit om nie die blaasinstrument tydens wedstryde te verban nie, aangesien dit as ’n inheemse kulturele element beskou is.

Formaat Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 is oor 31 dae tussen 32 verskillende lande oor 64 wedstryde uitgespeel. Dit het op 11 Junie 2010 in Sokkerstad in Johannesburg met ’n wedstryd tussen die gasheer Suid-Afrika en Meksiko afgeskop. Die toernooi het by dieselfde stadion op 11 Julie geëindig, met die eindstryd tussen Nederland en Spanje, waartydens Spanje die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006 ingespan.

Kalender Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJunieVr11Sa12So13Ma14Di15Wo16Do17Vr18Sa19So20Ma21Di22Wo23Do24Vr25Seremonies | bgcolor=#d6325b|

|Groep A | bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

|Groep B | | bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

|Groep C | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2 | |Groep D

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2 | |Groep E

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2 |Groep F

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2 |Groep G

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2Groep H

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2UitklopfaseJunie/JulieSa26So27Ma28Di29Wo30Do1Vr2Sa3So4Ma5Di6Wo7Do8Vr9Sa10So11Seremonies

| bgcolor=#d6325b|Uitklopfase | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2

| bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2

| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1

| bgcolor=#3399ff| 1 | bgcolor=#ffcc00| 1Legende

Groepfase Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 is deur 32 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 32 deelnemende spanne in agt groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.