Boermanna (Setaria italica) is gewone manna. Dit is ook bekend onder die name rooi-en-witmanna, goue- of geelmanna, trosmanna, voëlmanna, Italiaanse manna en Duitse manna.
In Suid-Afrika word boermanna as voëlsaad, hoenderkos en veevoer gebruik en word op die Springbokvlakte verbou.
Vergeleke met ander mannas en ander graansoorte het dit 'n hoë kalsiuminhoud en is dit ryk aan proteïne en vesels.
Lees ook Manna (graan)
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Graan