duimnael|Fermentasie is 'n biologiese proses. Borrels koolstofdioksied vorm 'n skuimlaag op die oppervlak van die stof.

Bioloë het sewe funksies geïdentifiseer wat alle lewende organismes moet doen om aan die lewe te bly. Die sewe basiese lewensfunksies (of biologiese prosesse) word as kriteria gebruik wanneer besluit moet word of iets lewendig is of nie.

Lewensfunksies Voeding Energie word uit kos verkry om al die lewensfunksies te verrig.

Asemhaling Die proses waartydens suurstof ingeneem word en koolstofdioksied afgegee word.

Groei Dit is nodig sodat organismes die regte grootte bereik, asook om beskadigde en verweerde liggaamselle te vervang.

Beweging Om van een plek na ander te beweeg by diere, of vir die oop- en toemaak van blomme by plante. Beweging het ook betrekking tot die suksesvolle verwerking van voedsel ingeneem en die ingewande wat korrek moet funksioneer.

Uitskeiding Om ontslae te raak van afvalprodukte uit die liggaam.

Reaksie op prikkels Vir beskerming teen gevaarlike situasies.

Voortplanting Om nuwe weergawes van hulself te produseer.

Kategorie:Lewe