Generaal Johannes Geldenhuys (5 Februarie 1935 – 10 September 2018) was die hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag van 1985 tot 1990.

Geldenhuys is op 5 Februarie 1935 op Kroonstad, Oranje-Vrystaat in die Unie van Suid-Afrika gebore. Hy sluit in 1954 by die weermag aan. Hy was as hoof van die weermag betrokke by die onderhandelinge wat in 1989 tot die einde van die Grensoorlog gelei het.

In sy laaste jare het Geldenhuys aan alzheimersiekte gely. Hy is in die dae voor sy dood in die Jura Care Village-versorgingsoord in George, Wes-Kaap, Suid-Afrika, versorg, waar hy op 10 September 2018 oorlede is.

Bibliografie 1995: Outobiografie 2009: Dié wat gewen het: Feite en fabels van die Bosoorlog 2009: At the front: A general’s account of South Africa’s Border War 2011: Ons was daar – Wenners van die oorlog om Suider-Afrika

Verwysings

Bronne

Verdere leesstof

Kategorie:Suid-Afrikaanse militariste Kategorie:Afrikaners Kategorie:Generaals Kategorie:Geboortes in 1935 Kategorie:Sterftes in 2018