Die vergulde snellervis (Xanthichthys auromarginatus) is 'n vis wat in verskeie geïsoleerde groepe in die Indiese- en Stille Oseane voorkom. Dit kom ook langs die kus van KwaZulu-Natal voor; dit is 'n seldsame spesie.

Identifikasie Die vis se kleur verskil tussen die geslagte. Die wyfies is grys met rye wit kolletjies op die rye skubbe. Daar is 'n swart streep op die basis van die tweede dorsale- en anale vinne. Die stertvin het 'n swart rant.

Die mannetjies is grysblou met klein wit kolletjies op die rye skubbe en daar is 'n groot, helderblou vlek op die onderkant van die ronde kop. Die mediaanvinne het geel rante.

Habitat Die vis leef in diep, aflandige riwwe in water wat 20 tot 70 m diep is. Hulle word min gewaar in water wat vlakker as 30 m is. Hulle leef as alleenlopers maar word soms gesien in los groepe wat uit visse van beide geslagte bestaan in gebiede waar daar redelike strome is. Die vis vreet soöplankton.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Dennis King & Valda Fraser. The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Struik Nature. 2014

Eksterne skakels https://www.fishbase.de/summary/Xanthichthys-auromarginatus.html http://eol.org/pages/204534/overview

Kategorie:Beenvisse