Die nasionale vlag van België (Nederlands: Vlag van België; Frans: Drapeau de la Belgique; Duits: Flagge Belgiens) is ’n driekleur van drie ewe wye vertikale bane in die nasionale kleure van België: swart (vlagpaalkant), geel en rooi. Die kleure is afgelei van die wapen van Brabant en die vertikale ontwerp is dalk gebaseer op die vlag van Frankryk. Wanneer die vlag wapper is die swart baan aan die vlagpaalkant. Die vlag het ’n ongewone verhouding van 13:15 en daarom is dit nie ’n perfekte vierkant nie, anders as die vlae van Switserland en die Vatikaanstad.

Artikel 193 van die grondwet noem die kleure, die wapen en die nasionale leuse:

In 1830 het die destyds nieamptelike vlag van drie horisontale bane in die kleure rooi, geel en swart bestaan. Op 30 September 1830 het die voorlopige regering die nasionale vlag amptelik goedgekeur wat aanvanklik horisontale bane getoon het. Die vertikale uitleg en die swart baan aan die vlagpaalkant is op 12 Oktober 1831 definitief aangeneem. Op 23 Januarie 1831 het die Nasionale Kongres die driekleur in die Grondwet ingeskryf, maar nie die rigting en volgorde van die kleurbane bepaal nie. Gevolglik het die “amptelike” vlag vertikale bane gekry in die kleure swart, geel en rooi. Die afmetings van die vlag is bepaal as 2,60 m hoog by 3 m wyd wat oorspronklik die proporsie van die ou bane gegee het, wat die wapenhouer verteenwoordig.

Geskiedenis Voorgeskiedenis Ná die afsterwe van Karel die Grote het die hedendaagse gebied van België (behalwe vir die Graafskap Vlaandere) deel van Lotaringe geword met ’n vlag van drie horisontale bane in rooi-wit-rooi. Die gebied het daarna in Spaanse hande geval en na die kroning van Karel V, Heilige Romeinse Keiser is geel en rooi, die kleure van Spanje, toegevoeg. Van die 16de tot aan die einde van die 18de eeu was die kleure van wat vandag as België bekendstaan, rooi, wit en geel. Die rooi Boergondiese kruis is soms by die wit baan van die vlag gevoeg.

Gedurende die tydperk van Oostenrykse oorheersing is ’n aantal verskillende vlae gebruik. Die Oostenrykse keiser het uiteindelik die gebruik van die Oostenrykse vlag afgedwing. Die inwoners van Brussel was egter hierteen gekant en in navolging van die Franse voorbeeld het kokardes in rooi, geel en swart, die kleure van Brabant, begin verskyn. Die kleure stem dus ooreen met die rooi leeu van die Graafskappe Hainaut, Limburg en Luxemburg, die geel leeu van Brabant en die swart leeu van Vlaandere en Namur. Die Verenigde Belgiese State, wat op 11 Januarie 1790 onder die invloed van die Franse Rewolusie in Oostenryks-Nederland geproklameer is, het ’n horisontale driekleur in die kleure rooi, swart en geel aangeneem. In dieselfde jaar is die Brabantse Rewolusie deur Oostenrykse troepe onderdruk.

Belgiese Rewolusie

Die uitvoering van La Muette de Portici op 25 Augustus 1830 by die Théâtre de la Monnaie in Brussel ter geleentheid van koning Willem van Oranje se 59ste verjaardag het die onluste veroorsaak wat uiteindelik tot die Belgiese Rewolusie en die stigting van die Koninkryk België gelei het.

Die eerste vlag wat deur die Belgiese rewolusionêre op 25 Augustus in Brussel gehys is, was die Franse vlag. Dit is gemaak van gordyne uit die woonstel van Georges Libri-Bagnano, hoofredakteur van ’n Oranje-koerant, Le National, wat deur die rewolusionêre verwoes is. Anne Morelli, La construction des symboles « patriotiques » de la Belgique, de ses régions et communautés, in Les grands mythes de l’histoire de Belgique, de Flandre et de Wallonie, Evo-histoire, Brussel, 1995, bl. 192.

In Verviers het die werkers, wat die Marseillaise gesing het, die deure van die stadsaal bestorm en ’n Franse vlag bo-op die gebou gehys, waarmee hulle die hooggeplaastes ontstel het wat dit as ’n rewolusionêre simbool beskou het. In Luik is plakkate oral in die stad vertoon wat die vereniging van België met Frankryk geëis het en na bewering is kokardes gebêre om versprei te word. Net soos in Luik is Franse vlae spontaan in Namur gehys. Volgens Surlet de Chokier was die gemoedstoestand dwarsdeur die provinsies Luik, Luxemburg, Namur en Hainaut dieselfde. Journal historique et littéraire, Volume 8, bl. 549 Volgens Jean Stengers was “België in 1830 vurig frankofiel”; Jean Stengers, « Histoire du sentiment national en Belgique des origines à 1918 : Les racines de la Belgique, jusqu’à la révolution de 1830 », 2000, bl. 215 daarteen het Jacques Logie gemeen dat “die aanvaarding van Franse kleure deur werkers en werkloses nie […] frankofiele sentimente weerspieël het nie, maar ’n strewe na vryheid en ’n sekere progressiwisme verteenwoordig het, waarvan die drie kleure slegs die simbool was”. Jacques Logie, op. cit., bl. 207 Édouard Ducpétiaux het skryf: Jo Gérard, Oui ! La Belgique existe, je l’ai rencontrée., Éd. J.-M. Collet, Bruxelles, 1988, bl. 229.

duimnael|Luikse vrywilligers met hul geel en rooi vlae bereik in Brussel Ducpétiaux en Lucien Jottrand het oral die Franse vlae vervang, terwyl die oranjestandaard van die Nederlandse koninklike familie steeds die amptelike embleem gebly het, hulle het nog nie na onafhanklikheid gestreef nie, maar vir “administratiewe skeiding” tussen België en Nederland gepleit deur ’n dinastiese unie te stig. Elders is die Franse vlag ook vervang met plaaslike kleure. In Verviers is die groen-en-wit Markgraafskap Franchimont-standaard gebruik en dwarsdeur die voormalige Prinsdom Luik, van Dinant tot Ciney en Thuin, is die geel-rooi-vlag van die voormalige Kerklike Staat gehys. In beide Mons en Doornik is wit en rooi vlae met ’n wit toring vertoon om te verhoed dat die Rattachiste (vereniging met Frankryk) daar ’n Franse vlag kon hys. Hainaut d’hier et d’aujourd’hui, bl. 149 In Brussel en ander stede is die Brabantynse kleure swart-geel-rooi gebruik en oral het hulle die Marseillaise gesing tot en met die ontstaan van die Brabançonne.

In hierdie rewolusionêre atmosfeer en in die lig van toenemende plundering het bekommerde hooggeplaastes ’n burgerlike burgermag geskep. Die burgerwag het, gelei deur ’n begeerte om van die regering onderskei te kan word en ook deur ’n nasionale gevoel, ’n vlag en kokarde in die Brabantse kleure vertoon, waarmee die kleure swart-geel-rooi gewild geword het. Emmanuel d’Hooghvorst het op 31 Augustus aan die Prins van Oranje verklaar dat die wag die Brabantse kleure aangeneem het om die voorkoms van Franse kleure hier en daar teë te werk en om enige idee van gehegtheid aan Frankryk te weerlê. Jacques Logie, op. cit, bl. 65. Dié vlag is op 26 Augustus ontwerp deur die prokureur Lucien Jottrand, redakteur van die Courrier des Pays-Bas, en die joernalis Édouard Ducpétiaux. ’n Winkelier, Marie Abts, het ’n aantal kopieë gemaak, waaraan ’n gedenkplaat op die hoek van Rue de la Colline en Rue du Marché aux Herbes herinner. Die eerste is deur Jottrand en Ducpétiaux by die Brusselse stadsaal geplaas, terwyl die tweede deur die strate geneem is deur Theodore Van Hulst, ’n werknemer by die departement van oorlog.

Die vlag wat toe die Franse vlag vervang het, is nie direk deur dié van die Brabantse rewolusie geïnspireer nie, al bepaal die patriotiese mitologie dat hierdie driekleurvlag, wat in 1830 in herbruik geneem is, reeds dié van die Brabantse rewolusie van 1787–1790 was. In werklikheid was die vlae van die Brabantse rewolusie versier met wapens, godsdienstige of allegoriese figure. Roger Harmegnies, Couleurs et drapeaux, in Le Parchemin, n°265, Januarie-Februarie 1990, bl. 33 en 35. Nie ’n enkele vlag met “swart-geel-rooi” bane is genoem in die inventarisse van die embleme wat deur die Oostenrykers tydens die herowering van die Verenigde Belgiese State in beslag geneem is nie. Maar die Brabantse kleure het Lucien Jottrand, prokureur en joernalis by die Courrier des Pays-Bas, geïnspireer om ’n nuwe vlag te ontwerp. Op 30 September het die voorlopige regering amptelik die landsvlag goedgekeur, die Nasionale Kongres het spoedig gevolg en op 30 Oktober moes die hele weermag, insluitende die stedelike wag, die swart-geel-rooi nasionale kokarde dra.

Enkele maande later het ’n bevel deur die voorlopige regering op 23 Januarie 1831 die vertikale rangskikking van die kleure bepaal, met rooi aan die vlagpaalkant. Op 7 Februarie dieselfde jaar is die nasionale vlag in artikel 193 van die grondwet ingeskryf. Op 12 Oktober is, op aandrang van die Vlootdepartement wat die maritieme vlag – wat op 15 September 1831 deur ministeriële besluit goedgekeur is — in lyn wou bring met die landsvlag, swart na die vlagpaalkant geskuif. Aangesien die artikel van die Grondwet nog nooit gewysig is nie, volg die vlag nie letterlik die orde van die Grondwet nie.

Die ou horisontale rangskikking van die kleure het in September 1832 vir die laaste keer sy opwagting gemaak, toe deur ’n koninklike besluit erevlae, wat nie bedoel was om vertoon te word nie, aan ’n honderd munisipaliteite toegeken is, wat tydens die bevryding van die gebied uitgeblink het. Hierdie vlae wat die dae in 1830 herdenk, toon vervolgens die oorspronklike horisontale rangskikking van die kleure: drie vertikale bane in swart, geel en rooi.

Onafhanklikheid en huidige vlag Op 26 Augustus 1830, die dag ná die protes by die Koninklike Muntskouburg en tydens die begin van die Belgiese Rewolusie, is die vlag van Frankryk oor die stadsaal in Brussel gehys as ’n algemene simbool van rewolusie. Die insurgente het die vlag spoedig vervang met ’n driekleur in rooi, geel en swart in horisontale bane (soortgelyk aan die vlag wat gebruik is gedurende die Brabantse Rewolusie van 1789–1790 en waartydens die Verenigde Belgiese State opgerig is) wat deur die naaldwerkster by ’n nabygeleë fabriek vervaardig is. Dié driekleur is op 26 Augustus 1830 vir die eerste keer oor die Brusselse stadsaal gehys deur Édouard Ducpétiaux en Lucien Jotrand. Gevolglik beskryf die Belgiese Grondwet die kleure van die Belgiese volk as Rooi, Geel en Swart, die omgekeerde volgorde wat in die amptelike vlag te sien is.

Op 23 Januarie 1831 is die vlag amptelik deur die voorlopige regering goedgekeur, gelyktydig is die horisontale in vertikale bane verander en op 12 Oktober dieselfde jaar het dit sy huidige vorm aangeneem met die swart baan aan die vlagpaalkant.

Die Internasionale Kongovereniging, die Kongo-Vrystaat en die latere Belgies-Kongo het ’n vlag met ’n vyfpuntige geel ster op ’n blou veld gebruik. Die vlag was die grondslag vir die huidige vlag van die Demokratiese Republiek die Kongo.

Vorige vlae

Ontwerp Volgens die amptelike protokolgids in België moet die nasionale vlag 2,6 m by 3 m wyd wees wat dit ’n verhouding van 13:15 gee. Elkeen van die bane is een derde van die wydte van die vlag en die geel is nie dieselfde kleur as dié van die Duitse vlag nie.

Die ongewone verhouding van 13:15 is van ’n onbekende oorsprong. Dit het sy oorsprong moontlik in ’n 19de-eeuse dekreet van die Belgiese departement van buitelandse sake wat die amptelike grootte van die vlag aan die buiteland as 2,60 m × 3,00 m bepaal het. Op sommige regeringsgeboue word vlae met hierdie verhouding gewapper, maar die meerderheid amptelike Belgiese liggame en Belgiese privaat individue gebruik vlae met ’n verhouding van 2:3. Die presiese verhouding word nie deur die grondwet gespesifiseer nie. Oor die koninklike paleis in Brussel wapper ’n vlag met ’n verhouding van 4:3. Dit is om estetiese redes met inagneming van die perspektief op die vlag wat van onder af bekyk word. ’n Groot vlag met ’n soortgelyke verhouding word dikwels onder die arkades van die Jubelpark gehys.

Die Belgiese vlag het die volgende tegniese ontwerp:

350px|senter|Konstruksietekening

Kleure duimnael|’n Wapperende vlag van België Die kleurskema word hieronder gelys:

40pxKleurskemaSwartGeelRooi Pantone Black Yellow 115 Red 32 CMYK 0-0-0-100 0-6-87-0 0-86-63-0 RGB 0-0-0 253-218-36 239-51-64 HEX #000000 #FDDA24 #EF3340

Beskrywing