duimnael|regs|241px|Die Oostenrykse Nederlande in 1786 Die Suidelike Nederlande is die naam van die vorstedomme wat na die Tagtigjarige Oorlog onder Spaanse gesag gebly het.
Oor die algemeen word die onderstaande gebiede bedoel. Die meeste hiervan behoort nou tot België, maar enkele maak tans deel uit van Frankryk, Nederland of Luxemburg. Kleiner dele lê ook in Duitsland. Artesië Brabant en Limburg (VS) Doornik en die Doornikse (VS) Opper-Gelre of Gelder (VS) Henegouwen (VS) Luxemburg Mechelen (VS) Namen (VS) Rijsels-Vlaanderen met die stede Lille (Rijsel), Douai en Oorschie Vlaandere (VS) later ook Wes-Vlaandere (VS)
Die Boergondiese hertoë, en later die keisers, was onderskeidelik hertog, Graaf of heer in elk van die gebiede. Daar was 'n begin van gesamentlike bestuur; daarby behoort die Grote Raad van Mechelen as hoogste regsraad. Na die Spaanse Opvolgingsoorlog in 1713 kom die Suidelike Nederlande onder die gesag van 'n Oostenrykse tak van die Habsburgers en word hulle min of meer afhanklikhede van Oostenryk. Onder Louis XIV word enkele van die vorstedomme (Rijsel, Artesië en dele van Vlaandere en Henegouwen) deur Frankryk ingepalm en geanneekseer.
In 1790 roep meeste van die oorblywende provinsies (hierbo aangedui met VS) onafhanklikheid uit as die republiek van die Verenigde Nederlandse State. Teen die einde van die jaar is Oostenrykse gesag weer herstel, maar nie vir lank nie.
In die Franse tyd (1792-1815) word die Prinsbisdom Luik, die Prinsdom Stavelot-Malmedy, die Hertogdom Bouillon, en nog 'n paar klein selfstandige gebiede, wat nooit tot die Oostenrykse Nederlande behoort het nie, met die Suidelike Nederlande verenig.
100px|duimnael|links|Die eerste Belgiese vlag in 1830 Na die Kongres van Wene in 1815 word die gebiede 'n onderdeel van die Verenigde Koninkryk van die Nederlande. In 1830 roep hulle onafhanklikheid onder die naam België uit. Dit word in 1839 deur Nederland in 'n verdrag erken. Daarby kry België ook die Franstalige deel van Luxemburg. In praktyk moes België eers die Duitstalige deel teruggee aan Willem I, saam met die huidige Limburg (Nederland).
Kategorie:Geskiedenis van België Kategorie:Geskiedenis van Nederland