Prof. Jacob Daniël du Toit, beter bekend as Totius (* 21 Februarie 1877 – † 1 Julie 1953), was 'n gevierde Suid-Afrikaanse outeur en Afrikaanse digter, predikant en hoogleraar aan die Gereformeerde Kerk se Teologiese Skool op Potchefstroom. Hy is in 1877 in die Paarl gebore as die seun van S.J. du Toit, die vader van die Eerste Afrikaanse Taalbeweging.

Totius het sy studie in Daljosafat (Hugenote-Gedenkskool), Burgersdorp (Kaap) en Amsterdam (Nederland) afgelê. Na sy terugkeer na Suid-Afrika het hy predikant van die Gereformeerde Kerk in Potchefstroom geword. Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog was hy 'n kapelaan van die Boere. Hy het later 'n doktorsgraad in teologie aan die Vrije Universiteit Amsterdam verwerf en is aangestel as professor van die Teologiese Skool in Potchefstroom. Hy sterf in Pretoria in 1953.

Sy letterkundige nalatenskap sluit die eerste vertaling van die Bybel en die Psalms in Afrikaans in. Onder die skuilnaam Totius het hy gedigte geskryf, meestal oor sy liefde van mens, natuur en die botsende ideologie van Britse imperialisme en Afrikanernasionalisme.

Hy was getroud met Maria Postma, 'n dogter van ds. Dirk Postma van Burgersdorp uit sy vyfde huwelik (met Johanna Willemina van Biljon). Van Totius se swaers deur dié huwelik was onder andere di. Petrus Postma en Marthinus Postma, halfbroers van sy vrou, di. Dirk Postma jr. en Stephanus Postma, eweneens halfbroers, en Maria se broer, ds. Willem Postma.

Herkoms duimnael|regs|200px|Ds. S.J. du Toit, Totius se vader, omstreeks 1870 toe hy student aan die Kweekskool op Stellenbosch was.

duimnael|links|240px|Ds. S.J. du Toit, sy eerste vrou, Elizabeth Jacoba Joubert, en hul seuns, onder wie Totius (regs). Die oudste seun is as jong man oorlede. Twee dogters is ook uit dié huwelik gebore. Mev. Du Toit is op 1 November 1882 in Pretoria oorlede.

duimnael|regs|190px|Totius en sy broer, Dawid (of David).

Totius was die tweede seun van ds. S.J. du Toit, die leier van die Eerste Afrikaanse Taalbeweging, en sy vrou, Elizabeth Jacoba Joubert. Sy oom ds. C.W. du Toit was van 1869 af predikant in die NG Kerk en van 1883 tot 1918 predikant in die NH Kerk. Albei ouers van Totius was van Hugenote-afkoms. Opvallend is die suiwer Christelik-nasionale vorming van Totius deur sy milieu en skoolopvoeding. In ooreenstemming met sy vader se oortuiging dat die skool 'n saak van die ouers en nie van die staat is nie, ontvang hy sy opleiding van sy prille jeug af tot met die hoogste akademiese kwalifikasies uitsluitlik aan privaatinrigtings. Daarna staan sy hele lewe en werk in nederige diens van sy God, sy kerk en sy volk.

Opleiding duimnael|320px|links|Professore en studente van die Teologiese Skool Burgersdorp in 1897. Ferdinand Postma sit voor links. W.J. de Klerk sit voor, sesde van links. In die middel sit Totius tweede, proff. Jan Lion Cachet vyfde en Stephanus Postma sesde van links. Agter regs staan ds. Dirk Postma, die seun van Marthinus Postma.

duimnael|regs|320px|Studente en personeel van die Voorbereidende en Teologiese Skool op Potchefstroom voor die eerste gebou, 1913. Voor: Hester Coetzee, Betsie Postma, S.G Yssel, J.J.A. Coetzee, prof. Ferdinand Postma, prof. J.D. du Toit (Totius), prof. A.P.C. Duvenage, prof. Jan Kamp, Piet van der Walt, Rachel Wentzel, Vera Gill. Tweede ry: Nollie Vermaas, G.P. van der Linde, J.V. Coetzee, D.G. Venter, C.J.H. de Wet, J.C. van der Walt, D.N. Kotzé, H.F. Duvenage, Vera Pienaar, Frikkie Potgieter, J.L.M. Wiechers. Derde ry: Piet Coetzee, Jan Triechaardt, Nic Steyn, B.J. de Klerk, J.H Boneschans, H.S. van Jaarsveld, Pieter Coetzee. Vierde ry: Prof. Joon van Rooy, ene Oosthuizen, C.W.M. Du Toit, E.L.J. Venter, T.D. Venter, Daan Marais, J.V. Coetzee, Lou van Rooy, A.S.E. Yssel, H. van der Walt, S.P. Engelbrecht, Izak le Roux, ene Marais, L.J. du Plessis. Vyfde ry: ene Scholtemeyer, Willie Geere.

Sy eerste lewensjare bring hy deur in die sfeer van die Patriotters van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA); as driejarige seun speel hy in sy vader se agterkamer waar die GRA se drukpers staan. In 1882 verhuis die gesin na Pretoria waar sy vader die betrekking van superintendent van onderwys op 13 Maart 1882 aanvaar. Kort daarna sterf sy moeder en hy en sy broer word na hul ouma Du Toit op Dal Josafat gestuur, waar hierdie vrou se vroomheid 'n blywende indruk op hom laat.

Hy ontvang onderwys aan die bekende Gedenkschool der Hugenoten, maar keer ná sy vader se tweede huwelik op 8 Julie 1885 terug na Pretoria. Gedurende 1888-'89 is hy en sy broer in die Duitse kosskool van die Hermannsburgse Sendinggenootskap op Morgenzon, naby Rustenburg. Sy vader het die kosskool opgerig wat gegrond was op gesonde godsdienstige beginsels en 'n breë en deeglike vlak van onderrig gehandhaaf het.

Ná 'n reis deur Europa saam met sy ouers studeer Totius gedurende 1890-‘94 weer aan die Gedenkskool, waar A.G. Visser en D.F. Malherbe medeleerlinge was. Daarna studeer hy privaat vir die matrikulasie-eksamen wat hy in 1895 aflê.

Hy wou myningenieur word, maar laat hom deur sy stiefmoeder oortuig dat die predikantsamp sy roeping is en gaan gevolglik na die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk op Burgersdorp, waar prof. Jan Lion Cachet, 'n Portugees-Joodse Nederlander wat uit die Réveil-kring stam, sy leermeester word. In 1899 lê hy belydenis van geloof in die Gereformeerde Kerk af en slaag die proponentseksamen.

Buitelandse opleiding en huwelik duimnael|regs|260px|Prof. en mev. J.D. du Toit. duimnael|regs|200px|Dis nie meer bekend of dié foto wel van Maria Postma, Totius se eggenote, is nie. duimnael|links|300px|Totius en Marie Postma se huweliksbevestiging op 2 Augustus 1903. duimnael|links|300px|'n Gesinsfoto van prof. Dirk Postma en sy vyfde en laaste vrou, Johanna (gebore Van Biljon). Ds. Willem Postma staan agter in die middel. Sy suster Lettie (links) was getroud met prof. J.A. du Plessis en die moeder van proff. Wicus du Plessis en Hugo du Plessis en Ida Bosman. Marie (sittende in die middel) was getroud met Totius. Breggie (naas regs) was getroud met ds. J.A. van Rooy, en Laurika (regs) was prof. J.A. du Plessis se eerste vrou. Die Tweede Vryheidsoorlog breek in Oktober uit, en hy sluit hom teen die wil van sy vader as veldprediker by die Boeremagte aan. Hy neem deel aan die Slag van Magersfontein (11 Desember 1899), maar 'n ernstige maagaandoening noodsaak hom om terug te keer na Burgersdorp. Op sterk aandrang van veral Nederlandse vriende, wat vir finansiële hulp sorg, vertrek hy in Mei 1900 na Nederland vir verdere studie aan die Vrije Universiteit Amsterdam, 'n stigting van dr. Abraham Kuyper wat op Gereformeerde beginsels gefundeer is. Hier kom hy in regstreekse aanraking met die vernaamste Calvinistiese teoloë in Nederland. Blykens 'n brief uit Amsterdam aan sy Burgersdorpse studiegenoot, ds. J.A. van Rooy, het hy egter bedenkinge teen die gees van die teologie in Amsterdam en Kampen en glo hy aan die noodsaaklikheid om in Suid-Afrika 'n eie Gereformeerde teologie uit te bou.

In 1903 promoveer hy op die proefskrif “Het Methodisme” en trou ná sy terugkeer met Maria, die jongste dogter van prof. Dirk Postma, die stigter van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. Deur haar liefdevolle sorg, haar Christelike blymoedigheid en humor, haar meelewing met sy werk en probleme, maak sy dit vir hom moontlik om hom tot met sy dood aan sy veelvuldige en veeleisende pligte te wy. Uit die huwelik word twee dogters en vier seuns gebore.

Predikant duimnael|regs|300px|Potchefstroom se ou Dopperkerk, afgeneem omstreeks 1917. Totius was leraar van dié gemeente van 1903 tot 1911.

In September 1903 word Totius bevestig as predikant van die gemeente Potchefstroom, wat byna die hele Wes-Transvaal beslaan het. In die naoorlogse toestande van verarming en met die gebrekkige vervoermiddels is dit 'n veeleisende taak. Daarby word hy dadelik betrek by Het Kerkblad, waarvan hy die redakteur en gereelde medewerker word. Verder was hy 'n gesogte spreker, wat die Christelik-nasionale beginsel op alle terreine van die lewe uitdra, veral op die gebied van die onderwys.

Hoogleraar duimnael|regs|190px|Totius as jong professor.

duimnael|links|300px|Studente en professore (van links: J.A. du Plessis, J.D. du Toit en C.J.H. de Wet) van die Teologiese Skool Potchefstroom, 1929.

duimnael|links|200px|'n Borsbeeld van Totius in die museum op Burgersdorp, waar hy professor in die teologie was tot einde 1904.

In 1911 word hy hoogleraar aan die Teologiese Skool Potchefstroom, wat veral deur sy toedoen daarheen verplaas is. In die loop van 38 jaar doseer hy al die teologiese wetenskappe, asook Hebreeus. Hy was 'n gesaghebbende op die gebied van die Gereformeerde leer en kerkreg en speel gevolglik nie alleen 'n leidende rol in sy eie kerk nie, maar gee ook advies daarbuite, byvoorbeeld in verskeie belangrike hofsake. L.J. du Plessis teken sy invloed goed deur daarop te wys “dat Totius die Gereformeerde Kerk en sy Teologiese Skool verryk het deur die Afrikanerisme van die Genootskap van Regte Afrikaners, die Calvinisme van die Vrije Universiteit en die Anti-revolusionêre Party. Sonder hom sou die Gereformeerde Afrikanerdom veel minder veelsydig ontwikkel het onder die invloed van Afskeid en Reveil, soos verteenwoordig deur die proff. Dirk Postma en Jan Lion Cachet.”

Deur die verband wat bestaan tussen die Teologiese Skool en die Potchefstroomse Universiteitskollege, wat uit die Literariese Afdeling ontstaan het, kan die vurige yweraar vir 'n Christelike wetenskap ook hier 'n waardevolle bydrae lewer en word hy saam met prof. Ferdinand Postma die grondlegger van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys en die eerste kanselier daarvan. As hoogleraar was hy besonder gelief by sy studente. Sy lewe lank het hy studeer en hy het die kuns verstaan om sy studente met liefde vir die studie te inspireer.

Breër betrokkenheid Op politieke terrein was Totius nie juis prominent nie, maar hy tree wel op die voorgrond by belangrike geleenthede: in 1914 is hy behulpsaam met die opstel van die program van beginsels van die Nasionale Party, hy lewer 'n besielende rede tydens die Moedertaalkongres in 1943 en op die vooraand van die algemene verkiesing in 1953, kort voor sy dood, rig hy 'n ope brief aan die volk.

Skryfwerk duimnael|regs|200px|Voorblad van Totius se digbundel Trekkerswee, soos deur Jacobus Hendrik Pierneef geïllustreer. duimnael|regs|200px|Passieblomme, Verse van Totius se 1960-uitgawe.

duimnael|links|320px|Die skrywer Rikie Postma in 1937 op reis deur die Bybellande saam met Totius en sy vrou, Maria.

Die agt lywige dele van sy versamelde werke getuig van sy verbasende werkkrag. Dit bevat ook die biografie van sy vader, S.J. du Toit in weg en werk (Paarl, 1917) – 'n deurwrogte, ryk gedokumenteerde kultuurhistoriese studie – en sy Bybelkunde deurreis (1943). Die meeste ruimte word bestee aan preke, breë studies in Verklaring van die Bybel, waardevolle artikels oor die Afrikaanse Bybelvertaling Die Bybel is die Woord van God, lesings en artikels oor Christelike onderwys en wetenskap, en die reek-se Kerkblad-bydraes Staatkundig (Binnelands) en Staatkundig (Buitelands), waaruit blyk met watter intense, kritiese belangstelling hy die tydgebeure gevolg het. Deel agt bevat sy versamelde gedigte.