KatowiceKattowitz 280px Kaart Wapen 170px|center 40px|center Vlag 60px|center Land Woiwodskap 20px Silesië Koördinate Stigting (eerste verwysing) (Voor) 1299 Stadstatus 1865 Oppervlakte: - Totaal 164,6 vk km Hoogte bo seevlak 266 m Bevolking: - Totaal (30 Junie 2009) 308 724 - Bevolkingsdigtheid 1 874,8/vk km - Metropolitaanse gebied 3 500 000 Tydsone MET (UTC +1) - Somertyd MEST (UTC +2) Klimaat - Tipe Gematigde maritiem-kontinentale klimaat - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 7,9 °C - Gem. temp. Januarie/Julie - - Gemiddelde jaarlikse neerslae 723 mm Burgemeester Marcin Krupa Amptelike Webwerf www.um.katowice.pl/
Katowice (uitspraak: Lêer:Loudspeaker.svg [katɔ'vʲitsɛ], Bo-Silesies Katowicy, in Duits ook bekend as Kattowitz) is die administratiewe hoofstad van die Poolse woiwodskap Silesië en ook sy grootste stedelike gebied.
Katowice is sowat 70 kilometer noordwes van Krakow in die "Bo-Silesiese Steenkoolbekken" geleë en vorm die middelpunt van 'n metropolitaanse gebied met 'n bevolking van 3,5 miljoen. Die nywerheidsgebied rondom Katowice met swaar nywerhede soos metallurgiese bedrywe het oorspronklik danksy die plaaslike mynboubedryf ontwikkel wat steenkool en ystererts ontgin het. Die ekonomiese swaartepunt van die gewes, wat nog steeds een van die belangrikste industriële streke van Pole is, het intussen na elektriese nywerhede en inligtingstegnologie begin verskuif.
Tussen 1922 en 1939 het Katowice as die administratiewe sentrum van die Outonome Woiwodskap Silesië gefungeer. Tydens die Duitse besetting is Katowice in 1941 tot die hoofstad van die Reichsgau Bo-Silesie verklaar en het later weer die administratiewe sentrum van die woiwodskap Silesië geword.
Die stad het ter ere van Josef Stalin tussen 1953 en 1956 die naam Stalinogród gedra. Vandag is Katowice 'n universiteitsstad en die setel van 'n Rooms-Katolieke aartsbiskop en 'n Evangelies-Augsburgse biskop.
Distrikte I. Stad 1. Śródmieście 2. Koszutka 3. Bogucice 4. Osiedle Paderewskiego - Muchowiec II. Noordelike stad 5. Załęże 6. Osiedle Witosa 7. Osiedle Tysiąclecia 8. Dąb 9. Wełnowiec - Józefowiec III. Westelike stad 10. Ligota - Panewniki 11. Brynów - Osiedle Zgrzebnioka 12. Brynów - Załęska Hałda IV. Oostelike stad 13. Zawodzie 14. Dąbrówka Mała 15. Szopienice - Burowiec 16. Janów - Nikiszowiec 17. Giszowiec V. Suidelike stad 18. Murcki 19. Piotrowice - Ochojec 20. Zarzecze 21. Kostuchna 22. Podlesie
Bekende mense uit Katowice Hans Bellmer, surrealistiese fotograaf Henryk M. Broder, joernalis Maria Goeppert-Mayer Kurt Goldstein, neuroloog Jerzy Kukuczka Kazimierz Kutz Franz Leopold Neumann Hans Sachs Alexander Ulfig
Die susterstede van Katowice Keulen (Duitsland) Groningen (Nederland) Miskolc (Hongarye) Mobile, Alabama (VSA) Odense (Denemarke) Ostrava (Tsjeggië) Saint-Etienne (Frankryk)
Verwysings
Eksterne skakels Die Munisipaliteit van of Katowice Die kommersiêle webwerf of Katowice Katowice, Silesia 'n Webkamera uitsig Katowice Hotel in Katowice Trêm in Katowice
Kategorie:Nedersettings in Pole