Hierdie artikel is gemoeid met die bok as lid van die familie Caprinae (Engels goat); vir ander gebruike van die woord sien bok (dubbelsinnig).

'n Bok is enige lid van die spesies van beesagtige diere wat die subfamilie Caprinae vorm, maar sluit ook die enkele spesie in die subfamilie Pantholopinae in. Die skaapgroepe en die boerbok is ook deel van hierdie groep diere. Die familie waaraan hulle almal behoort sluit op ander takke die wildsbokke en beeste in.

Die meeste ontwikkeling van die groep het plaasgevind ten tye van die laaste ystydperke, toe baie van die lede gespesialiseerd begin raak het vir oorlewing in gemarginaliseerde, onherbergsame omstandighede, soos berghange, woestyne en die sub-Arktiese gebied. Daarom vorm die meeste bokke troppe en is hulle stewiggeboude diere.

Daar is 'n groot grootteverskil onder lede van die groep, vanaf net langer as 'n meter in die geval van die volgroeide grysgoral, Nemorhaedus goral, tot omtrent 2,5 m in die geval van 'n muskusos.

Die diere word in twee groot groepe verdeel op grond van hul gewoontes, die hulpbronverdedigers en die weiers. Eersgenoemde is gebiedsgebonde en verdedig hul klein, voedselryke area teen ander diere van dieselfde spesie, en laasgenoemde wei vrylik in groot troppe oor 'n groter, relatief meer onvrugbare gebied.

Kapater 'n Bokkapater is 'n manlike gekastreerde bok. Die woord "kapater" is afkomstig vanaf die Portugese woord capado wat "ontman" beteken.

Klassifikasie duimnael|regs|250px|'n Rotsgebergte-bok, Oreamnos americanus duimnael|regs|250px|Turkse skape (Ammotragus Lervia)

FAMILIE BOVIDAE Subfamilie Bovinae: die beeste, die buffels en die wildsbokke met spiraalhorings; 24 spesies in nege genera Subfamilie Cephalophinae: die duikers; 19 spesies in twee genera Subfamilie Hippotraginae: die weiende wildsbokke; 23 spesies in 11 genera Subfamilie Antilopinae: die gaselle, die dwergwildsbokke en die saiga; 38 spesies in 14 genera Subfamilie Caprinae Genus Ammotragus Turkse skaap, Ammotragus lervia Genus Budorcas Takin, Budorcas taxicolor Genus Capra Wilde bok, Capra aegagrus Wes-Kaukasiese tur, Capra caucasia Oos-Kaukasiese tur, Capra cylindricornis Markhor, Capra falconeri Alpynse steenbok, Capra ibex Nubiese steenbok, Capra nubiana Spaanse steenbok, Capra pyrenaica Siberiese steenbok, Capra sibirica Waliese steenbok, Capra walie Genus Hemitragus Nilgiriaanse tahr, Hemitragus hylocrius Arabiese tahr, Hemitragus jayakari Himalaja-tahr, Hemitragus jemlahicus Genus Nemorhaedus Rooigoral, Nemorhaedus baileyi Sjinese goral, Nemorhaedus caudatus Japannese serou, Nemorhaedus crispus grysgoral, Nemorhaedus goral kontinentale serou, Nemorhaedus sumatraensis Taiwan-serou, Nemorhaedus swinhoei Genus Oreamnos Rotsgebergte-bok, Oreamnos americanus Genus Ovibos Muskusbees, Ovibos moschatus Genus Ovis Argalie, Ovis ammon Skaap, Ovis aries Dikhoringskaap, Ovis canadensis Dall se skaap, Ovis dalli Moeflon, Ovis musimon Sneeuskaap, Ovis nivicola Oerial, Ovis orientalis Genus Pseudois Himalaja-blouskaap, Pseudois nayaur dwergblouskaap, Pseudois schaeferi Genus Rupicapra Pirenese gems, Rupicapra pyrenaica gems, Rupicapra rupicapra Subfamilie Pantholopinae Genus Pantholops Tibetaanse wildsbok, Pantholops hodgsoni

Sien ook Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes Lys van Suider-Afrikaanse soogdiername Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Bovidae Kategorie:Vee