Jacob Gedleyihlekisa Zuma (GCB) (gebore 12 April 1942, Nkandla, Natal (Suid-Afrika)) was die vierde President van Suid-Afrika, voormalige president van die regerende politieke party, die African National Congress sowel as 'n voormalige Adjunkpresident van Suid-Afrika. Hy is die leier van die Umkhonto we Sizwe-party wat in 2023 gestig is.
Hy is 'n gewilde persoon, selfs oor politieke grense heen, maar word as omstrede gesien sedert sy finansiële adviseur, Schabir Shaik, skuldig bevind en veroordeel is weens korrupsie en bedrog. Hierdie gebeure het in Junie 2005 tot Zuma se afdanking as Adjunkpresident van Suid-Afrika gelei. Nadat die leierskap van die African National Congress hom amptelik op 13 Februarie 2018 herroep het as president (dus gevra het om te bedank), het hy eers geweier, maar die volgende dag sy uittrede aangekondig.
Op 29 Junie 2021 het Zuma die eerste president sedert die einde van witminderheidsregering in 1994 geword om tronkstraf opgelê te word. Die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika het hom vir 15 maande gevonnis vir minagting van die hof nadat hy 'n vroeëre hofbevel verontagsaam het om na die Hof terug te keer om te getuig voor die Zondo-kommissie. Zuma word op mediese parool uit die tronk vrygelaat volgens 'n aankondiging op 5 September 2021.https://www.timeslive.co.za/politics/2021-09-05-former-president-jacob-zuma-released-on-medical-parole/
Zuma word in Julie 2024 formeel uit die ANC geskors vir die stigting van sy eie party, uMkhonto we Sizwe.
Inleiding en agtergrond Zuma is kort na sy afdanking as adjunkpresident van Suid-Afrika formeel aangekla van korrupsie. Die saak is egter van die hofrol geskrap nadat die staatsaanklaer se aansoek om uitstel van die hand gewys is.
In Desember 2005 is Zuma ook in die Johannesburgse hooggeregshof van verkragting aangekla. Die beweerde slagoffer, die dogter van 'n ontslape vriend van Zuma uit die struggle-era, is MIV-positief, 'n feit wat aan Zuma bekend was. Op 8 Mei 2006 het die hof die aanklagte van die hand gewys in 'n beslissing waarin die regter met die verdediging saamgestem het dat die betrokke seksuele daad toestemmend van aard was. Gedurende die verhoor het Zuma erken dat hy onbeskermde seks met sy aanklaer gehad het maar dat hy na die tyd gaan stort het, om die risiko om MIV op te doen te verminder. Die stelling is deur die regter, gesondheidskundiges en VIGS-aktiviste vooroordeel. Spotprenttekenaars soos Zapiro het ook in die dagblaaie daarmee die spot gedryf, deur permanent 'n stortkop bokant Zuma se kop uit te beeld.
As moontlik die mees prominente Zoeloe-ANC-politikus, en 'n leier onder linksgesinde ondersteuningsgroepe binne die ANC, kon hy steeds staatmaak op aansienlike ondersteuning selfs na sy afdanking as adjunkpresident van die land. Sy wye ondersteuningsbasis het meegebring dat hy sy rol as adjunkpresident van die ANC kon behou. Op 18 Desember 2007 het hy by die ANC se 2007 nasionale kongres in Polokwane die president van Suid-Afrika en vorige leier van die ANC met 2 329 teen 1 505 stemme geklop om die nuwe president van die ANC te word.Die Burger, Die Zuma-era breek aan, besoek op 19 Desember 2007
Dit was hierdie sukses in Zuma se veldtog wat daartoe gely het dat hy die volgende president van Suid-Afrika kon word.
Vroeë jare en familie Zuma is op 12 April 1942 in Nkandla, (nou in die KwaZulu-Natalprovinsie), gebore. Zuma het sy kinderjare tussen Zoeloeland en die voorstede van Durban deurgebring. Sy vader was 'n polisieman, wat teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog gesterf het toe Zuma nog 'n jong seun was. Hy het as jong seun beeste opgepas en het geen formele onderwys ontvang nie. Sy stamnaam is Msholozi wat deur sy ondersteuners gebruik word om na hom te verwys.
Hy het op 'n vroeë ouderdom by politiek betrokke geraak en in 1959 by die ANC aangesluit. Hy het in 1962, na die verbanning van die ANC in 1960, 'n aktiewe lid van Umkhonto we Sizwe geword.ANC Biografie van Jacob Zuma , besoek op 29 April 2006.
Zuma het sy eerste vrou, met wie hy steeds getroud is, Gertrude Sizakele Khumalo, in 1959 ontmoet. Hy het geen kinders by sy eerste vrou wat as "MaKhumalo" of "MaShobane" bekend staan en by Zuma se huis in Nkandla woon. Zuma het later nog twee vroue geneem terwyl hy in ballingskap in buurlande van Suid-Afrika was. Sy tweede vrou was Me. Kate Mantsho, ’n lugwaardin van die Mosambiekse lugdiens met wie hy vier kinders gehad het. Mantsho het in 2000 selfmoord gepleeg ná ’n huwelik van 24 jaar. In die 1980’s het hy sy volgende vrou, me. Nkosazana Dlamini, voormalige Minister van Buitelandse Sake, in Swaziland ontmoet terwyl sy by die Mbabane-staatshospitaal gewerk het. Hulle het vier kinders saam en is in 1998 geskei.News24, Zuma-herinneringe, besoek op 19 Desember 2007
In 2002 is Zuma weer getroud met Mantuli Zuma, by wie hy twee kinders het. Sy jongste vrou, die vyfde, is Thobeka Stacy Mabhija, vir wie hy onlangs lobolo betaal het en by wie hy reeds twee kinders het. Verder het Zuma 'n kind by Minah Shongwe, suster van Regter Jeremiah Shongwe, wat hom van Zuma se verkragtingsaak onttrek het.TIMESONLINE , Profile: Zuma charmed wives and a nation , Besoek 19 Desember
Deelname aan die stryd teen Apartheid Gevangenis en bannelingskap duimnael|Robbeneiland soos vanaf Tafelberg gesien In 1963 is hy saam met 'n groep van 45 rekrute naby Zeerust in die Wes-Transvaal in hegtenis geneem. Hy is skuldig bevind aan sameswering om die regering omver te werp en tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis wat hy op Robbeneiland saam met Nelson Mandela, wat terselfdertyd weens 'n ander insident in die gevangenis was, uitgedien het.
Na sy vrylating was hy instrumenteel in die hervestiging van die ANC ondergrondse strukture in die Natalprovinsie. Hy het Suid-Afrika in 1975 verlaat en was eers in Swaziland en toe in Mosambiek gebaseer waar hy na die Soweto-opstand met duisende uitgewekenes gewerk het.
Hy het in 1977 lid geword van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee. Hy het ook as adjunkhoofafgevaardigde van die ANC in Mosambiek gedien, 'n pos wat hy beklee het tot die ondertekening van die Nkomati-ooreenkoms tussen die Mosambiekse en Suid-Afrikaanse regerings in 1984. Na die ondertekening van die ooreenkoms is hy as hoofafgevaardigde van die ANC aangestel. Zuma is gedwing om Mosambiek in Januarie 1987 te verlaat na aansienlike druk op die Mosambiekse regering deur die P.W. Botha-regime. Hy het na die ANC-hoofkantoor in Lusaka, Zambië, geskuif waar hy aangestel is as Hoof van Ondergrondse Strukture en kort daarna as Hoof van die Intelligensie-afdeling.
Hy het in die ANC se politieke en militêre raad gedien toe dit teen die middel-1980's gevorm is.
Terugkeer na Suid-Afrika Ná die ontbanning van die ANC in Februarie 1990 was hy een van die eerste ANC-leiers wat na Suid-Afrika teruggekeer het om met die onderhandelingsproses te begin. In 1990 is hy verkies tot voorsitter van die ANC in die Suid-Natal-gebied, en het hy 'n leidende rol gespeel in die bekamping van politieke geweld in die gebied tussen lede van die ANC en die Inkatha-Vryheidsparty. Die IVP, gelei deur Mangosuthu Buthelezi, het in daardie stadium heelwat klem gelê op Zoeloetrots en politieke mag. In dié konteks was Zuma se Zoeloe-erfenis deurslaggewend in ANC-pogings om die geweld te beëindig. Die ANC se strategie was om politieke- eerder as stamverband te beklemtoon as die oorsaak van die geweld en om ondersteuning onder Zoeloes in die gebied te werf.
Hy is in 1991 verkies tot Adjunksekretarisgeneraal van die ANC en in Januarie 1994 is hy genomineer as die ANC-kandidaat vir die premierskap van KwaZulu-Natal.
Politieke loopbaan Opkoms as nasionale leier Ná die eerste veelrassige verkiesing in Suid-Afrika in 1994 is Zuma aangestel as 'n Lid van die Uitvoerende Komitee vir ekonomiese aangeleenthede en toerisme vir die KZN provinsiale regering nadat sy kandidaatskap vir adjunkpresident van die ANC terug getrek het om Thabo Mbeki toe te laat om onbestrede tot die amp verkies te word. In Desember 1994 is hy verkies tot Nasionale Voorsitter van die ANC en voorsitter van die ANC in KwaZulu-Natal, en is later herverkies tot die amp in 1996. Hy is in Desember 1997 by die ANC se Nasionale Kongres in Mafikeng tot adjunkpresident van die ANC verkies.
Termyn as adjunkpresident van Suid-Afrika Zuma is in Junie 1999 deur die nuutaangestelde President Mbeki aangestel as Adjunkpresident van Suid-Afrika. Hy is algemeen gesien as die natuurlike opvolger tot die presidensie wanneer Thabo Mbeki uit die pos aftree.
As adjunkpresident was hy betrokke by verskeie buitelandse sake-aangeleenthede soos bilaterale verhoudinge met onder meer Swede, Nigerië, Duitsland, Australië en China. Verder was hy betrokke by Nepad en die Afrika-uniesake en die bemiddeling van vredespogings in die groot-merestate. In die verband het hy in Kampala saam met President Yoweri Museveni van Uganda opgetree as bemiddelaar in die Burundi-vredesproses.Departement Buitelandse Sake, Addresses and Speeches by Deputy President of South Africa Mr Jacob Zuma, besoek op 20 Desember 2007South African Government Information , The South African National AIDS Council (SANAC) , besoek op 20 Desember 2007
Sy pligte in die amp het ook die voorsitterskap van die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigsraad ingesluit. Die Vigsraad is 'n hoëvlak multisektorale liggaam wat die doelstelling het om 'n leierskapsrol te speel in die bou van konsensus oor vigsbeleid en -strategie.Departement Gesondheid , The restructuring of the South African National AIDS Council (SANAC): Record of Agreement , besoek op 20 Desember 2007
Op 18 April 2002 is die Morele Heropboubeweging (Engels: Moral Regeneration Movement) by die Lugmagbasis Waterkloof in Pretoria geloods. Die organisasie is gestig na 'n aantal skokkende misdade gepleeg is, soos die verkragting van babas. Zuma is in sy hoedanigheid as adjunkpresident die verantwoordelikheid vir die inisiatief gegee. In dié rol het hy verskeie toesprake oor die onderwerp gelewer. In die toesprake het hy gepleit dat die boodskap dat morele hernuwing die verantwoordelikheid van elke Suid-Afrikaner is, en nie net dié van die beweging se leierskap of die regering nie. Hy het ook gesê dat "Elke Suid-Afrikaner moet 'n agent vir morele heropbou wees".Institute for Security Studies, LINKING CRIME AND MORALITY – Reviewing the Moral Regeneration Movement, Janine Rauch, gepubliseer in Crime Quarterly No 11 2005, besoek op 20 Desember 2007Polity.org.za, Zuma: National Conference of the Moral Regeneration Movement (30/11/2004), besoek op 20 Desember 2007 Op 10 Februarie 2003 het die parlementslid Raenette Taljaard, wat die amptelike opposisie, die Demokratiese Alliansie, se woordvoerder oor Suid-Afrika se wapentransaksie, in 'n brief aan President Mbeki gevra of of hy dit as gepas beskou dat daar 'n wolk van agterdog oor die adjunkpresident hang wat belas is met die veldtog vir morele hernuwing en heropbou.The Arms Deal Virtual Press Office, DA to Question Zuma on Alleged Thetard Meeting(s) and Corruption, besoek op 20 Desember 2007 Mbeki het in 'n geskrewe antwoord bevestig dat Zuma steeds die veldtog sou lei, waarop Taljaard gereageer het dat as dit die soort morele leiding is, dit 'n mens nie verbaas as die aantal Yengeni's sou vermenigvuldig nie.iafrica.com, Zuma still to lead moral regeneration , besoek op 20 Desember 2007
Tydens sy amp as adjunkpresident, het hy in Junie 1998 van Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, op daardie stadium Minister van Buitelandse Sake van Suid-Afrika, geskei.
ANC-leierskapstryd duimnael|President Zuma en een van sy vroue saam met die President van Amerika, Barack Obama en Michelle Obama in New York, 2009 duimnael|Die Argentynse president Cristina Fernández de Kirchner en die Suid-Afrikaanse president Zuma tydens 'n bespreking in 2010