alt=Pella Cathedral|duimnael|Catholic Cathedral Pella, Northern Cape Pella is 'n dorp en sendingpos noordwes van Pofadder in die provinsie Noord-Kaap van Suid-Afrika. Die dorp is omstreeks 1814 as 'n sendingpos van die Londense Sendinggenootskap gestig, toe Christen-Khoisan hulle in die gebied gevestig het. Die dorp se naam is afgelei van die Palestynse dorp Pella, 'n antieke toevlugsoord van Christene tydens die vervolging deur Romeinse owerhede. Pella is later deur die Rynse Sendinggenootskap en in 1875 uiteindelik deur die Rooms-Katolieke Kerk oorgeneem.
Die kerk op Pella is deur Franse sendelinge opgerig, en hulle het ook die eerste dadelboord aangelê. Vandag staan Pella bekend vir sy dadels van hoë gehalte, terwyl sy omgewing met 'n verskeidenheid geologiese formasies spog. Halfedelstene is volop in die gebied. Pellaberg is ongeveer 4 km noordwes van Pella.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Bibliografie Moseley, Steve: Pella. Refuge in the Desert. In: Village Life. Journal of People, Nature, History, Art. Nr. 39, Winter 2010. ISSN 1810-5580
Eksterne skakels
Kategorie:Nedersettings in die Noord-Kaap