In Brocéliande, 'n Franse rolprentproduksie uit die jaar 2002, verbind die regisseur Doug Headline ou Keltiese legendes van Bretagne, Druïdisme en bonatuurlike elemente met die riller-genre.
Chloé, 'n jong studente in argeologie, spits haar tydens haar studies aan die universiteit van Rennes op Keltiese geskiedenis toe. Een nag word sy die getuie van 'n moord, wat net een in 'n hele reeks misterieuse misdade blyk te wees. Alle spore wys op die legendariese Keltiese towerwoud Brocéliande, waar Chloé aan die opgrawing van 'n ou Keltiese begraafplaas deelneem.
Kategorie:Gruwelrolprente Kategorie:Franse rolprente