Bob Loubser (Johannes Albertus Loubser) was 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler en politikus. Hy is gebore op 6 September 1884 op die plaas Oortmanspost, Durbanville en oorlede op 7 Desember 1962 te Stellenbosch. Hy is die elfde geslag afstammeling van Nikolaus Laubscher van Switserland wat hom in 1676 in die Kaap en later op Stellenbosch gevestig het.

Die bynaam “Bob” is afkomstig van ’n bynaam wat deur ’n Engelse goewernante aan hom gegee is vanweë sy voorkoms wat soos dié van Lord Roberts was en die bynaam “Bobs” gehad het.

Rugbyloopbaan Loubser speel vir die Suid-Afrikaanse Rugbyspan in 1903 (toe maar 19 jaar oud), 1906 en 1910, meestal in die posisie van regtervleuel. Hy druk drie drieë in sewe internasionale kragmetings waarvan Suid-Afrikaanse slegs een verloor. Hy druk ’n rekordgetal van 22 drieë op die 1906-toer na die Britse Eilande. In 2020 hou hy steeds die rekord vir die Suid-Afrikaanse speler wat die meeste doele aangeteken het tydens ’n oorsese toer.

Hy was voorsitter van die Stellenbosse rugbyklub en het hegte bande met “Oubaas Mark” Markotter en Danie Craven gehad. Tydens sy rugbyloopbaan was hy 1,73 m lank en het 76 kg geweeg.

Professionele lewe Loubser was 'n prokureur in Laingsburg. Hy was 'n landmeter te Germiston en Stellenbosch, lid van die Volksraad (sy debuut-toespraak was ’n pleidooi vir ’n woordeboek in Afrikaans), lid van die Landbank, en stigterslid van die Burgerlike Beskermingsvereniging van Stellenbosch.

Persoonlik Hy was woonagtig te Dorpstraat 157, Stellenbosch. Dit is tans ’n nasionale monument, bekend as die “Loubser-huis”.

Verwysings

Bronnelys Schoeman (C.) "Seasons of glory, the life and times of Bob Loubser," 156pp., Kaapstad, 1999.

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1884 Kategorie:Sterftes in 1962 Loubser, Bob Loubser, Bob