Antarktika senter|100px 250px|Ligging van Antarktika Oppervlakte 14 000 000 km² (280 000 km² ysvry, 13 720 000 km² met ys bedek) Bevolking ~5 000 (geen permanente nie) Regering Geen, bestuur onder die Antarktiese Verdrag Gedeeltelike gebiedsaansprake Internet TLD .aq Skakelkode +672
duimnael|links|Ligging van Antarktika duimnael|links|Tipiese Antarktiese gletser waar dit by die see aankom aan die weskus van die Antarktiese Skiereiland duimnael|links|Kaart van die Antarktiese ekspedisies van Cook, Bellingshausen, Dumont d'Urville, Wilkes en Ross Antarktika is 'n kontinent by die Suidpool van die Aarde, omring deur die Suidelike Oseaan en in twee verdeel deur die Transantarktiese Berge. Antarktika is die koudste plek op aarde (die laagste temperatuur ooit gemeet was op die suidpool: -94.7 °C http://www.theguardian.com/world/2013/dec/10/coldest-temperature-recorded-earth-antarctica-guinness-book) en die kontinent is byna volledig met ys bedek. Dit is ook die kontinent met die laagste gemiddelde lugvogtigheid en die winderigste en hoogste (gemiddeld) kontinent op aarde. Die kontinent se 14 miljoen km² oppervlak maak dit die vyfde grootste kontinent, ná Asië, Afrika, Noord-Amerika en Suid-Amerika, en die grootste woestyn ter wêreld. Daar is geen permanente menslike inwoners nie en slegs plante en diere wat aangepas is tot die koue oorleef daar. Dit sluit pikkewyne, pelsrobbe, mosse, korsmosse en honderde soorte alge in. Die naam "Antarktika" kom van die Grieks antarktikos, "teenoor Arktika", die Noordpoolstreek, wat verwys na die Groot Beer-sterrebeeld wat slegs in die Noordelike Halfrond sigbaar is. Henry George Liddell, Robert Scott, A Greek-English Lexicon "antarktikos". Besoek op 12 Februarie 2006.)
Van al die ys op die wêreld lê 90% op Antarktika. Die gemiddelde dikte van die yskap bedra 2200 meter en op die dikste punt is die ys 4776 meter dik. Die meeste ys is miljoene jare oud, maar nie die hele Antarktika was die heeltyd onder die ys nie. 'n Brits-Sweedse ekspedisie het in 1949 ontdek dat groot dele van Antarktika, soos Koningin Maudland, tot ongeveer 10 000 v.C. nog ysvry was.
Alhoewel mites en spekulasie oor 'n Terra Australis ("Suidelike Land") tot die oudheid teruggespoor kan word, word algemeen aanvaar dat die kontinent vir die eerste keer in 1820 deur die Russiese ekspedisie van Michail Lazaref en Fabian Gottlieb von Bellingshausen waargeneem is. In die 19de eeu is die kontinent grootliks geïgnoreer as gevolg van die ongunstige omgewing, gebrek aan doeltreffende hulpbronne en die afgeleë ligging.
Antarktika is nie onder die politieke soewereiniteit van enige nasie nie. Sewe lande, Argentinië, Australië, Chili, Frankryk, Noorweë, Nieu-Seeland en die Verenigde Koninkryk, handhaaf egter gebiedsaansprake. Meeste ander lande erken nie die aansprake nie en die aansprake van Argentinië, Chili en die Verenigde Koninkryk oorvleuel mekaar. Menslike aktiwiteit op die kontinent is onderworpe aan die Antarktiese Verdrag wat in 1959 deur 12 lande geteken is. Dit verbied enige militêre aktiwiteite, ondersteun wetenskaplike navorsing en beskerm die kontinent se ekogebied. Volgehoue eksperimente word deur meer as 4000 wetenskaplikes met baie verskillende nasionaliteite en navorsingsbelange uitgevoer.
Verkenning duimnael|links|Waarneming by die Suidpool deur Roald Amundsen in 1911 duimnael|Port Lockroy-museum duimnael|links|Die Endurance in die nag tydens Ernest Shackleton se Imperial Trans-Antarktiese Ekspedisie in 1914 duimnael|Miniatuurvel van 'n spesiale seël wat 10 jaar van Bulgaarse kartografie in Antarktika herdenk duimnael|links|Die Endurance vasgevang in pakys tydens Ernest Shackleton se Imperiale Trans-Antarktiese Ekspedisie in 1915 duimnael|'n Gerestoureerde voertuig van die Argentynse ekspedisie, wat die Suidpool in 1965 bereik het, tydens 'n parade in 2006 Die opvatting dat daar 'n Terra Australis is — 'n uitgestrekte kontinent geleë in die verre suide van die aardbol om die noordelike gebiede van Europa, Asië en Noord-Afrika te "balanseer" — het bestaan sedert Ptolemaeus voorgestel het dat dit nodig was om die simmetrie van landmassa in die wêreld te bewaar. Selfs in die laat 17de eeu, nadat ontdekkingsreisigers bevind het dat Suid-Amerika en Australië nie deel van "Antarktika" was nie, het geograwe geglo dat die kontinent baie groter was as wat in werklikheid die geval is.
Europese kaarte het aangehou om om die land aan te toon totdat kaptein James Cook en die bemanning van sy ekspedisie se skepe, Resolution en Adventure, die Antarktiese Sirkel op 17 Januarie 1773 en weer in 1774 oorkruis het. The Mariners' Museum Age of Exploration – James Cook. Besoek op 12 Februarie 2006.
Die eerste bevestigde waarneming van Antarktika kan nie met sekerheid aan 'n enkele persoon toegeskryf word nie. Dit kan egter tot drie individue beperk word. Volgens verskeie organisasies (die National Science Foundation, National Science Foundation. History of Antarctica . Besoek op 6 Februarie 2006. NASA, NASA, U.S. Government Palmer biography . Besoek op 6 Februarie 2006. die Universiteit van Kalifornië, San Diego University of California, San Diego Palmer Station . Besoek op 5 Februarie 2006. en ander bronne South-Pole An Antarctic Time Line : 1519–1959. Besoek op 12 Februarie 2006 Polar Radar for Ice Sheet Measurements. Antarctic Explorers Timeline: Early 1800s . Besoek op 12 Februarie 2006.), het drie mans Antarktika in 1820 waargeneem: Fabian Gottlieb von Bellingshausen ('n kaptein in die Russiese Keiserlike Vloot), Edward Bransfield ('n kaptein in die Britse Vloot), en Nathaniel Palmer ('n Amerikaanse robjagter afkomstig uit Stonington, Connecticut). Bellingshausen het Antarktika glo op 27 Januarie 1820, drie dae voor Bransfield land gesien het, en tien maande voor Palmer dit in November 1820 gedoen het. Dit is bekend dat die twee skepe van die ekspedisie gelei deur Fabian Gottlieb von Bellingshausen en Michail Petrowitsj Lazaref 'n punt binne 32 km (20 myl) van die Antarktiese vasteland bereik het en ysvelde daar gesien het.
In 1841 het die ontdekkingsreisiger James Clark Ross deur wat nou as die Rosssee bekend staan geseil en Rosseiland ontdek. Hy het langs 'n reuse muur van ys, wat later die Rossysbank gedoop is, geseil. Erebusberg en Terrorberg is vernoem na die twee skepe van die ekspedisie: HMS Erebus en HMS Terror. James Clark Ross South-Pole – Exploring Antarctica. Besoek op 12 Februarie 2006.
Tydens 'n ekspedisie deur Ernest Shackleton word geselskappe gelei deur T.W. Edgeworth David die eerste om Erebus te klim en die Magnetiese Suid-Pool te bereik. Australian Antarctic Division. Tannatt William Edgeworth David Besoek op 7 Februarie 2006. Op 14 Desember 1911 word 'n span gelei deur Noorweegse poolverkenner Roald Amundsen van die skip Fram die eerste om die Suidpool te bereik deur 'n roete van die Baai van Walvisse en teen Axel Heiberg Gletser op te gebruik. South-pole Roald Amundsen South-Pole – Exploring Antarctica. Besoek op 9 Februarie 2006.
Na Robert Falcon Scott se reis lei Richard Evelyn Byrd in die 1930's en 1940's verskeie togte na die Antarktiese vlakte. Die implementering van gemeganiseerde landvervoer en die uitvoer van uitgebreide geologiese en biologiese navorsing word aan hom toegeskryf. 70South. Richard Byrd . Besoek op 12 Februarie 2006. Eers op 31 Oktober 1956 betree iemand weer die Suidpool: op dié dag land 'n ekspedisie van die Amerikaanse Vloot, gelei deur skout-admiraal George Dufek, hul vliegtuig daar met sukses. U.S. Navy. Dates in American Naval History: October . Besoek op 12 Februarie 2006.
Geografie duimnael|links|'n Kaart van Antarktika se grootste ysrakke in 2007: duimnael|'n Saamgestelde satellietbeeld van Antarktika duimnael|'n Kaart van Antarktika duimnael|Mt. Erebus, 'n aktiewe vulkaan op Rosseiland Die Antarktiese kontinent is meestal suid van die Antarktiese Sirkel geleë en word omring deur die Suidelike Oseaan (sommige bronne, onder andere die National Geographic Society verwys nog na die omringende seë as die Indiese, Atlantiese en die Stille Oseaan). Nuwe bevindinge omtrent die seestrome bevestig egter dat ons hier met die vierde grootste oseaan op aarde te doen het. Antarktika is die mees suidelike landmassa op Aarde en beslaan meer as 14 million km² wat dit die vyfde grootste kontinent maak. Die kuslyn is 17 968 km lank. Fisies word Antarktika in twee verdeel deur die Transantarktiese Berge naby die nek tussen die Rosssee en die Weddellsee. Die gedeelte van die kontinent wes van die Weddellsee en oos van die Rosssee word Westelike Antarktika genoem en die res Oostelike Antarktika, omdat hulle rofweg met die Oostelike en Westelike Halfronde met betrekking tot die Greenwich-meridiaan ooreenkom.
Omtrent 98% van Antarktika word bedek deur die Antarktiese ysplaat. Die ysplaat is gemiddeld 2,5 kilometer dik. Ondanks die nul reënvalsyfer in sommige dele, het die kontinent ongeveer 90% van die wêreld se varswater – as ys. Central Intelligence Agency Factbook Besoek op 6 Februarie 2006. Westelike Antarktika word bedek deur die Westelike Antarktiese Ysplaat. Die Westelike Antarktiese ysplaat is in die afgelope tyd 'n saak van kommer as gevolg van die moontlike ineenstorting daarvan. As dit wel sou meegee sou seevlakke met 'n paar meter in 'n betreklik kort tydperk styg.
Vinson Massif, die hoogste piek in Antarktika teen 4 892 meter, is in die Ellsworth-berge geleë. Alhoewel Antarktika baie vulkane het, is slegs Deception-eiland en Erebus aktief. Erebus, geleë op Rosseiland, is die mees suidelike vulkaan op Aarde. Klein uitbarstings kom gereeld voor en lawavloei is in die afgelope aantal jare waargeneem. Ander sluimerende vulkane mag moontlik aktief wees. British Antarctic Survey. Volcanoes . Besoek op 13 Februarie 2006. In 2004 is 'n onderwatervulkaan in die waters van die Antarktiese Skiereiland deur Amerikaanse en Kanadese navorsers ontdek. Onlangse waarnemings dui aan dat die vulkaan moontlik aktief mag wees. National Science Foundation. Scientists Discover Undersea Volcano Off Antarctica. Besoek op 13 Februarie 2006.
Antarktika het meer as 70 mere wat duisende meter onder die oppervlak van die kontinentale ysplaat lê, insluitend een reg onder die Suidpool self. Wostokmeer, wat in 1996 onder Rusland se Wostokstasie ontdek is, is die grootste van die ondergletserse mere. Daar word geglo dat die meer 35 miljoen jaar gelede verseël is. Daar is aanduidings dat die Wostokmeer se water mikroörganismes kan bevat. As gevolg van die meer se ooreenkoms met Europa, 'n maan van Jupiter, kan die bevestiging dat lewe in Wostokmeer kan oorleef argumente vir die teenwoordigheid van lewe op Europa versterk. National Science Foundation Lake Vostok Retrieved Februarie 6, 2006. NASA Lake Vostok may teach us about Europa Besoek op 4 Februarie 2006.
Definisie Antarktika word gedefinieer as die antarktiese vasteland, die eilande op die antarktiese kontinentale plaat en eilande wat nie op die antarktiese kontinentale plaat lê nie, maar gewoonlik beskou word as deel van Antarktika: Suidelike Orkneyeilande, Suidelike Shetlandeilande, Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande, Bouveteiland en die Heard- en McDonaldeilande.
Geologie Geologiese geskiedenis en paleontologie Meer as 170 miljoen jaar gelede was Antarktika deel van die superkontinent Gondwana. Met die verloop van tyd het Gondwana opgebreek en Antarktika, soos ons dit vandag ken, is omtrent 25 miljoen jaar gelede gevorm.
Paleosoïkum (540-250 miljoen jaar gelede) duimnael|Trilobietfossiele