+Galápagos-eilandeIslas Galápagos (Spaans) 140px 70px (Vlag van die Galápagos-eilande) (Wapen van die Galápagos-eilande) Nasionale leuse:La Paz y el Bienestar, la Gloria y el Triunfo(Spaans vir: "Die Vrede, Welsyn, die Glorie en die Oorwinning") 180px|Ligging van die Galápagos-eilande in EcuadorLigging van die Galápagos-eilande in Ecuador 180px|Kaart van die Galápagos-eilandeKaart van die Galápagos-eilande Amptelike tale Spaans Hoofstad Puerto Baquerizo Moreno Grootste stad Puerto Ayora Oppervlakte - Totaal7 880 vk km Bevolking - Totaal - Bevolkingsdigtheid 19 185 (2009)2,43/vk km Geldeenheid VS-Dollar ($) (USD) Tydsone UTC: UTC -6Volkslied Salve, Oh Patria
duimnael|links|Satellietbeeld van die Galápagos-eilande. duimnael|links|'n Geanimeerde toer na die Galápagos-eilande. Die Galápagos-eilande (Spaans: Islas Galápagos [ˈislas gaˈlapaɣos], van galápago, "saal"—na die doppe van die Galápagos-skilpaaie, amptelik Archipiélago de Colón) is 'n argipel bestaande uit vulkaniese eilande wat om die ewenaar versprei is, 906 kilometer (563 myl) wes van kontinentale Ecuador in die Stille Oseaan (0° O, 91° W). Die groep bestaan uit 13 hoofeilande, ses kleiner eilande, 107 rotse en baie klein eilande.
Die Galápagos-eilande is geleë op 'n geologiese brandpunt: 'n plek waar die aarde se kors van benede deur 'n opwelling van abnormaal warme rots binne-in die aarde se mantel gesmelt word en vulkane gevorm word. Daar word gereken dat die oudste eiland tussen 5 en 10 miljoen jaar gelede gevorm is. Die jongste eilande, Isabella-eiland en Fernandina-eiland, is steeds besig om gevorm te word, met die mees onlangse vulkaniese uitbarsting in 2005.
Die Galápagos-argipel vorm 'n provinsie van Ecuador, 'n land in Noordwes-Suid-Amerika en die eilande is almal deel van Ecuador se nasionale parkstelsel.
Die eilande is beroemd vir hulle tallose endemiese spesies en die studies deur Charles Darwin wat tydens die reistog van die Beagle daar uitgevoer is. Dié studies het bygedra tot die vorming van Darwin se teorie van evolusie deur natuurlike seleksie. Die Galápagos-eilande is in 1978 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys.
Eilande Groter eilande duimnael|Ligging van die Galápagos-eilande in die Stille Oseaan duimnael|Kaart van die Galápagos-eilande se drie kantonne Eilande met 'n oppervlakte van meer as een vierkante kilometer: Eilande Ou naam Argipel Kanton Berg Hogtem Oppervlaktekm²IsabelaAlbemarleWesIsabelaWolf1 7074 640Santa CruzIndefatigableSentraalSanta CruzCerro Crocker864986FernandinaNarboroughWesIsabelaLa Cumbre1 476643San Salvador (Santiago)JamesSentraalSanta CruzCerro Pelado907585San CristóbalChathamOosSan CristóbalCerro Pajas640558Floreana (Santa María)CharlesOosSan CristóbalCerro San Joaquín730173MarchenaBindloeNoordSanta Cruz 343130EspañolaHoodOosSan Cristóbal 20661PintaAbingtonNoordSanta Cruz 77759BaltraSouth SeymourSentraalSanta Cruz ...27Santa FeBarringtonSentraalSan Cristóbal ...24PinzónDuncanSentraalSanta Cruz 45818GenovesaTowerNoordSan Cristóbal 6414RábidaJervisSentraalSanta Cruz ...5Seymour NorteNorth SeymourSentraalSanta Cruz ...2TortugaBrattleWesIsabela ...1,3WolfWenman Isabela 2531,3BartoloméBartholomewSentraalSanta Cruz 1141,2DarwinCulpepper Isabela 1651,1GalapagosColón Wolf1 7078 010
Kleiner eilande Eiland Bevolking Hoofstad MunisipaliteitIsabela950Puerto Villamil Tomás de BerlangaSanta Cruz15 000Puerto AyoraBellavistaSan Cristóbal56 00Puerto Baquerizo MorenoProgresoFloreana (Santa María)100Puerto Velasco Ibarra-Baltra...Seymour Airport-Galapagos21 700Puerto Baquerizo Moreno
Administrasie Die Galápagos-provinsie bestaan uit drie kantonne: Kanton Bevolking(2006Censo de Población y Vivienda, Galápagos 2006 . Instituto Nacional de Estadistica y Censos (INEC).) Oppervlakte(km²) Hoofstad Eilande Isabela 1 780 5 368 Puerto Villamil Darwin, Fernandina, Isabela, Wolf San Cristóbal 6 142 849 Puerto Baquerizo Moreno Española, Floreana, Genovesa, San Cristóbal, Santa Fe Santa Cruz 11 264 1 794 Puerto Isidro Ayora Baltra, Bartolomé, Marchena, Seymour Nord, Pinta, Pinzón, Rábida, Santa Cruz, Santiago Totaal 19 184 8 011 Puerto Baquerizo Moreno
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike UNESCO-bladsy Parque Nacional Galápagos Galapagos Islands Galápagos-eilande Galápagos Charles Darwin Foundation Galapagos Islands Information
Kategorie:Geografie van Ecuador Kategorie:Eilande van Suid-Amerika Kategorie:Eilande in Stille Oseaan Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Suid-Amerika Kategorie:Afhanklike gebiede in Suid-Amerika Kategorie:Argipels