Brest 280px Kaart Wapen 180px|center 90px|center Vlag 90px|center Land  Région (gewes) 20px Bretagne Département 20px Finistère Koördinate  Stigting 3de eeu Oppervlakte:    - Totaal 49,51 vk km  Hoogte bo seevlak 0-103 m Bevolking:    - Totaal (2009) 141 315  - Bevolkingsdigtheid 2 854/vk km  - Metropolitaanse gebied 311 735 Tydsone UTC +1  - Somertyd UTC +2 Burgemeester François Cuillandre Amptelike webwerf brest.fr

Brest is 'n hawestad en vlootbasis in die Franse département Finistère (Bretagne) met 141 000 inwoners in die stad en sowat 311 000 in die metropolitaanse gebied. Dit is die grootste stad in die westelike Bretagne en 'n belangrike ekonomiese en handelsentrum. Brest is ook die setel van die Universiteit van die Westelike Bretagne (Université de Bretagne Occidentale) en ander tersiêre onderwysinstellings. duimnael|links|250px|Brest, soos gesien vanuit die kasteel Danksy die strategiese ligging aan die mees westelike punt van die Bretonse skiereiland, aan die Rade de Brest, 'n uitgestrekte baai van die Atlantiese Oseaan, en teen die monding van die Penfeldrivier, wat 'n natuurlike hawe skep, het Brest al eeue gelede tot 'n besige handels- en vloothawe ontwikkel. Dit is nog steeds die belangrikste basis van Frankryk se Atlantiese vloot.

Besienswaardighede

Die geskiedenis en lewenstyl van Brest is so nou met die see verbind dat die stad aan homself die trotse bynaam "Métropole Océane" gegee het. Twee bekende instellings behandel die militêre skeepvaart en die fauna van die see, die Museum van die Franse Vloot (Musée national de la Marine) en die gewilde oseanografiese sentrum Océanopolis, wat die oseane van die polêre, gematigde en tropiese klimaatsones in 'n neutedop bevat. Naas meer as 10 000 diere spog die sentrum met sy meer as veertig akwariums ook met outentieke besonderhede soos pakys en pikkewyne.

Eksterne skakels Die webwerf van die oseanografiese sentrum Océanopolis

Kategorie:Bretagne Kategorie:Kusstede Kategorie:Munisipaliteite in Bretagne Kategorie:Nedersettings in Bretagne