Kolonel Jan Dirk Breytenbach (14 Julie 1932 – 16 Junie 2024, George) was die stigter en eerste bevelvoerder van 1-Verkenningsregiment (1-Recce) – voorloper van die latere Spesiale Magte Brigade van die SANW, soortgelyk aan die Britse SAS. Hy was ook die stigter van 32-Bataljon, informeel bekend as "Buffalo Battalion", sowel as 44 Valskermbrigade.
Militêre loopbaan Breytenbach het in 1950 by die Leërgimnasium aangesluit en in 1953 is die Vredesswaard aan hom toegeken. Daarna het hy by die Royal Navy Fleet Air Arm aangesluit nadat hy in die Pantserkorps diens gedoen het en in die Suezkrisis in 1956 operasionele ervaring opgedoen het. Hy het in 1961 weer by die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) aangesluit en kort daarna een van die eerste 1-Valskermbataljon-kursusse voltooi. Hy het in 1971 1-Verkenningskommando gestig.
In 1975 lei Breytenbach die operasie Savannah, die SAW se koverte ingryping in die Angolese Burgeroorlog. Die oorblyfsels van hierdie groep het later die berugte 32-Bataljon geword.
Hy het in 1977 die Stafkollege-kursus bygewoon en is tot kolonel bevorder. In 1978 lei hy die SAW-valskermaanval op Cassinga. PHD dissertation by V.A. Shigwedha, 2011
Hy het 'n senior stafoffisier by die Noord-Transvaalse Bevelstruktuur geword en vanaf 24 September 1980 tot 31 Desember 1982 die 44 Valskermbrigade aangevoer. Hy het die SAW se Guerrillaskool gestig, waarvan hy in bevel was tot met sy aftrede.
Breytenbach het in 1987 uit die weermag getree en later 'n aantal boeke geskryf. Hy is die broer van die Suid-Afrikaanse digter en skrywer Breyten Breytenbach en van die oorlogskorrespondent / fotograaf Cloete Breytenbach. Gedurende die 1980's het Breyten en Jan Breytenbach sterk teenstrydige politieke standpunte gehuldig.
Afsterwe Breytenbach sterf op 16 Junie 2024 in 'n hospitaal in George, bygestaan deur sy gesin. Hy word oorleef deur sy vrou Rosalind, sy seun, Richard, dogter, Angela, en sy kleinkinders Christopher en Matthew. Familie-persverklaring, 16 Junie 2024, Passing of Colonel (Ret) Jan Dirk Breytenbach.
Boeke deur Jan Breytenbach 1986. Forged in battle. Saayman & Weber. . 1990. They live by the sword. Lemur. . 1997. Eden's exiles, one soldier's fight for paradise. Queillerie. . 2001. The plunderers. Covos Day. . 2002. The Buffalo Soldiers, the story of South Africa's 32-Battalion, 1975–1993. Galago. . 2008. Eagle Strike: The Story of the controversial airborne assault on Cassinga 1978. Manie Grove Publishing. .
Verwysings
Eksterne skakels Jan Breytenbach @ Galago Publishing (Hardeband) The Silent War – Suid-Afrikaanse Spesmagtegeskiedenis 32 Bataljongeskiedenis SA Weermag Webwerf. Gedeeltelike kopie van die ou, verwyderde amptelike SA Spesmagte Webwerf. SA Special Forces League
Kategorie:Afrikaners Kategorie:Kolonels Kategorie:Suid-Afrikaanse militariste Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1932 Kategorie:Sterftes in 2024