Heinitzburg (oorspronklik Heynitzburg, Heinitz se kasteel) is een van die drie kastele in Windhoek, Namibië. Dit is gebou in 1914 deur die argitek Wilhelm Sander.
Sander het oorspronklik die kasteel vir homself gebou, maar dit in 1916 aan Hans Bogislav Graf von Schwerin verkoop, wat die kasteel Heynitzburg vernoem het na sy vrou Margarete se geboorte naam "von Heynitz".
Heinitzburg word vandag gebruik as 'n restaurant en hotel. Die hotel is 'n lid van die Relais & Chateaux groep, 'n internasionale konsortium van luukse hotelle wat deur individuele bedryf word.
Sien ook Sanderburg Schwerinsburg
Verwysings
Kategorie:Geboue en strukture in Windhoek Kategorie:Kastele in Namibië