Die witlipdoktervis (Acanthurus leucocheilus) is 'n doktervis wat in die westelike Stille Oseaan en die Indiese Oseaan voorkom; asook langs die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as pale-lipped surgeonfish of white-spine surgeonfish.

Identifikasie Die vis word tot 45 cm lank. Die lyf is donkerbruin en daar is 'n donker en 'n ligte skuinsstreep oor die bek en ken. Die vis se kleur kan varieer, soms is daar 'n breë, wit streep om die stertvinbasis en die streep oor die ken is afwesig. Daar is ook 'n wit streep met 'n donker rant op die stertvin basis. Die onvolwasse vissies het gewoonlik 'n geelwit stertvin.

Hulle leef in aflandige koraalriwwe in water wat 5 tot 30 m diep is. Hier verkies hulle die vlakker beskermde plat en skuins hellings. Hulle is gewoonlik alleenlopers maar kan ook in klein groepies voorkom. Die vis vreet alge. Die vis word uiters selde gesien.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Verwysings

Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Eksterne skakels https://www.fishbase.de/summary/Acanthurus-leucocheilus.html http://eol.org/pages/211467/overview

Kategorie:Beenvisse