Die gevlekte sanddikkop (Fusigobius inframaculatus) is 'n dikkop wat wydverspreid voorkom in die westelike Stille Oseaan, die Indiese oseaan; meer spesifiek in die Persiese Golf, Oman en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by suidelike KwaZulu-Natal. In Engels staan dit bekend as inner-spot goby of blotched sand goby.

Identifikasie Die vissie word tot 8 cm lank. Die lyf is lig, amper deurskynend en bedek met oranje kolletjies. Daar is 'n dowwe swart kol op die stert. Die mannetjie het 'n verlengde dorsale vin.

Hulle leef in aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 9 tot 20 m diep is. Hule word dikwels gevind waar hulle op die sand onder oorhange of in grotte lê. Hulle is soms totaal roerloos vir kort tydperke. Die vissie is gewoonlik alleenlopers. Hulle vreet klein ongewerweldes. Die spesie kom algemeen voor.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Eksterne skakels http://www.fishbase.org/summary/Fusigobius-inframaculatus.html http://eol.org/pages/204874/overview

Kategorie:Beenvisse