Dirk Frederik Mudge (16 Januarie 1928 – 26 Augustus 2020) was 'n Namibiese boer en politikus. Hy het in verskeie hoë posisies in die Suid-Afrikaanse administrasie van Suidwes-Afrika gedien. Hy was die voorsitter van die 1975–1977 Turnhalle Grondwetlike Konferensie, en mede-stigter van die Republikeinse Party sowel as die Demokratiese Turnhalle Alliansie.

Met die Namibiese onafhanklikheid, was Mudge 'n lid van die Wetgewende Vergadering en die eerste Nasionale Vergadering totdat hy in 1993 afgetree het. Mudge was die stigter van Namibië se Afrikaanse dagblad die Republikein en sy uitgewer Namibia Media Holdings. Hy het op die raad van direkteure gedien tot 2008.

Vroeë lewe en opvoeding Dirk Mudge, 'n Blanke Namibiër van Afrikanerafkoms met gemengde Nederlandse en Duitse voorgeslagte, is op die plaas Rusthof naby Otjiwarongo gebore. Hy was 'n boer van beroep."The Struggle for Namibia" in Time magazine, 24 April 1978 In 1947 het hy gegradueer aan die Universiteit van Stellenbosch met 'n Baccalaureus Commercii, waarna hy 'n rekenmeester in Windhoek was. Tussen 1952 en 1960 het hy met beeste geboer.

Politieke loopbaan Tot die 1975–77 Turnhalle-konferensie In 1955 het Mudge 'n lid van die pro-apartheid Nasionale Party (NP) geword, wat in Suid-Afrika regeer het tussen 1948 en 1994. Hy was een van sewe verkose lede wat Suidwes-Afrika se wit burgers by die Wetgewende Vergadering in 1961 en in die Parlement van Suid-Afrika verteenwoordig het. In 1965 het Mudge 'n lid van die Uitvoerende Komitee vir Suidwes-Afrika geword en dus 'n hoë-posisie administrateur van die gebied. Hy beklee hierdie pos tot 1977.

Toe AH du Plessis, die leier van die Suidwes-Afrika Nasionale Party in 1969 as Minister aangestel is, het Mudge in sy pos as leier van die NP opgetree. Op daardie stadium het hy met die NP se standpunte oor die toekoms van Suidwes-Afrika begin verskil. Hy het 'n vriendskap met Hererohoof Clemens Kapuuo aangeknoop, en het planne bespreek vir 'n selfbestuurde Suidwes-Afrika met destydse eerste minister John Vorster. Hy was ook een van die dryfkragte agter die 1975–77 Turnhalle Grondwetlike Konferensie.

Die Turnhalle Konferensie was 'n poging om deur middel van klein hervormings en kompromieë 'n wye spektrum van die inheemse bevolking se steun te wen vanaf die gewapende SWAPO op daardie tydstip. Die doel was ook om die skeiding van die Suidwes-Afrika-etnisiteite te sement deur die toekomstige staat van Namibië te stig, deur klein, etnies gedefinieerde partye in een groter liggaam saam te voeg teen SWAPO.

Familie Mudge het uit die politiek getree in April 1993. Hy was getroud met Stienie Jacobs, hulle het vyf kinders en 16 kleinkinders saam. In Mei 2015, op die ouderdom van 86 het hy sy outobiografie gepubliseer, met die titel "Dirk Mudge: Enduit vir ’n onafhanklike Namibië".

Sterfte Hy is op 26 Augustus 2020 in Mediclinic in Windhoek oorlede in die ouderdom van 92.

Verwysings

Kategorie:Namibiese politici Kategorie:Afrikaners Kategorie:Politici van die Nasionale Party Kategorie:Geboortes in 1928 Kategorie:Sterftes in 2020