200px 220px Bibliothèque nationale de France

Parys

180px

Hoofliggings

Site Richelieu-Louvois Site François-Mitterrand

Stigting

1461 as Koninklike biblioteek

Digitale versameling

200px

Voorsitter 160px Laurence Engel

Begroting

€232,8 miljoen (2017)bnf.fr: La BNF en chiffres. Besoek op 5 Augustus 2018

Gesamentlike katalogus

BnF Catalogue général

Webtuiste

BnF Die Bibliothèque nationale de France (afkorting: BnF; Afrikaans: Nasionale biblioteek van Frankryk) is 'n openbare instelling met setel in Parys. Die biblioteek onder beskermheerskappy van die Franse Departement van Kultuur versamel en bewaar boeke en ander drukwerk om dit toeganklik te maak vir die publiek. Franse uitgewers en drukkerye met setel in die gewes Île-de-France is verplig om een eksemplaar van elke nuwe publikasie by die BnF te deponeer. Die biblioteek se argief groei jaarliks met sowat 160 000 boekdele (waarvan 60 000 verpligte eksemplare). Met 'n versameling van altesaam sowat 40 miljoen media (waarvan 16 miljoen boeke en dokumente) word die BnF onder die grootste biblioteke ter wêreld gereken. Die BnF se digitale biblioteek Gallica beskik oor 'n versameling van sowat 4,8 miljoen dokumente wat vir die algemene publiek aanlyn toeganklik is.BNF Gallica. Besoek op 5 Augustus 2018

Anders as vergelykbare nasionale biblioteke in ander lande - soos die Deutsche Nationalbibliothek in Duitsland - word die BnF as 'n universele biblioteek bedryf wat hom nie tot publikasies uit of oor Frankryk beperk nie, maar literatuur uit alle tydperke en vakgebiede versamel. Sy jaarlikse begroting vir die aankoop van nuwe media beloop €20 miljoen.

Die BnF publiseer 'n katalogus, werk saam met biblioteke in Frankryk en in die buiteland en neem deel aan navorsingsprogramme. Sedert haar benoeming op 11 April 2016 word die BnF bestuur deur Laurence Engel (* 1966), 'n oud-student van die École normale supérieure in Fontenay-aux-Roses, die IEP te Parys en die ENA.bnf.fr: Organisation de la BnF. Besoek op 12 Maart 2019

Liggings en personeel Ligging Personeel François-Mitterrand 1888 Richelieu-Louvois 339Bibliothèque-Musée de l'Opéra13Bibliothèque de l'Arsénal36Centre technique de Bussy-Saint-Georges52Centre technique Joël-le-Theule à Sablé-sur-Sarthe45Maison Jean Vilar à Avignon6BnF in sy geheel2359

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Biblioteke Kategorie:Frankryk