Die swartwou (Milvus migrans) is 'n gelokaliseerde Palearktiese broeier en somerbesoeker gedurende Oktober tot Maart. Hulle leef in 'n groot verskeidenheid habitats wat wissel van woudrande tot halfwoestyn. In Engels staan die voël bekend as die black kite.

Voorkoms Die voël is 51 tot 60 cm groot en weeg 650 tot 920 gram. Hulle is effens groter as die geelbekwou. Die kop is ligter grys, met 'n swart snawel, liggeel oë en 'n vlakker mikstert. Jong voëls het 'n donkerder bruin gesig as die volwassenes met ligte strepe op die nek en bors. Die veerrande op die rug is dofgeel en die oë bruinerig.

Die voëls leef in swerms en meng dikwels met geelbekwoue. Hulle word gereeld gesien wanneer die termiete verskyn.

Subspesies Milvus migrans migrans Milvus migrans lineatus Milvus migrans govinda Milvus migrans affinis Milvus migrans formosanus

duimnael|links|200px|Indiese swartwou (Milvus migrans govinda) duimnael| Milvus migrans

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Kategorie:Roofvoëls