Die Spaanse danser (Hexabranchus sanguineus) is tipe seeslak wat voorkom in die tropiese gedeeltes van die Stille- en Indiese oseane asook die Karibiese See. Meer spesifiek; dit kom voor in die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by KwaZulu-Natal. Die naam is afgelei van die bewegings wat die seedier wanneer dit swem asook die rooi kleur. In Engels staan dit bekend as die Spanish dancer.

Die seedier word tot 600 mm lank en kan rooi of oranje wees van kleur. In sommige areas is die seedier geneig om gevlek te wees. Die kieue is ligter van kleur. Die seedier leef vanaf die tussengety sone asook op riwwe in water wat tot 50 m diep is. Die klein garnaal Zenopontonia imperator word dikwels saam hulle gevind. Hulle vreet sponse, seewurms en sekere skulpies. Die spesie kom algemeen voor.

Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Verwysings

Eksterne skakel http://eol.org/pages/3053345/overview

Kategorie:Slakke