Silikon-29 (chemiese notasie: Si) is 'n stabiele isotoop van silikon. Dit is 'n seldsame isotoop.

Nukleosintese In teenstelling tot silikon-28 is hierdie isotoop geen primêre nukleosintesekern nie, maar 'n sekondêre een. Sterre wat aanvanklik net waterstof en helium bevat kan baie silikon-28 lewer as hulle as supernova ontplof, maar geen silikon-29 nie. Hierdie isotoop word net volop in 'n kern-ineenstorting-supernova tipe II vervaardig. Dit vereis 'n ster wat aanvanklik ook koolstof en suurstofkerne bevat. Dit verklaar waarom Si baie minder op aarde aanwesig is as Si.Handbook of Isotopes in the Cosmos: Hydrogen to Gallium Cambridge University Press, 2007, ,

KMR Silikon-29 is die enigste stabiele isotoop wat aan kernresonansie onderwerp kan word. Dit het 'n gunstige I=1/2-kernspin, maar die gevoeligheid en die aanwesigheid is nie so gunstig nie. In die natuurlike samestelling is die gevoeligheid 3,68 x 10-4 keer die proton s'n, wat ongeveer twee keer die gevoeligheid van koolstof-13 verteenwoordig. Die resonansiefrekensieverhouding is 19,867187%. Die bereik van die chemiese verskuiwings is taamlik groot, ongeveer 519 dpm. 'n Probleem is dat die KMR-buisies wat gewoonlik gebruik word self silikon bevat en 'n breë piek van -100 tot -130 dpm lewer. Indien die monster ook in hierdie gebied 'n sein lewer, moet dit óf afgetrek word, óf 'n ander buisiemateriaal gebruik word.Hebreeuse Universiteit van Jerusalem

Vastetoestand-KMR word ook op Si aangewend. Dit lewer inligting oor die verskillende kristallografiese posisies wat silikon in 'n kristalrooster inneem. In silikaliet, 'n ZSM-5 zeoliet kan byvoorbeeld 20 van die 24 kristallografiese posisies as pieke waargeneem word. In amorfe materiale versmelt die pieke egter, en vorm een breë piek.Solid-State NMR II: Inorganic Matter Deel 31 van NMR Basic Principles and Progress Springer Science & Business Media, 2013, , 'n Ander voorbeeld van 'n stof wat met hierdie metode bestudeer is is dioptaas.Ground state of the spin-1/2 chain of green dioptase at high fields 2013

Geochemie Die isotoopverhouding 29/28 word nes die 30/28-verhouding in die geochemie as navorsingsmetode gebruik.

‰

Verwysings

Kategorie:Isotope van silikon