Stella Ndabeni (gebore op 30 Junie 1978 in Mthatha) is die dienende minister van Kleinsakeontwikkeling, voorheen minister van Kommunikasie, Telekommunikasie en Poswese en 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die African National Congress.
Vroeë lewe Ndabeni-Abrahams is in 1978 in Sakhela, 'n dorpie naby Mthatha, gebore. Sy is die eersteling van ses kinders in haar gesin en haar ouers was pastore.
Opleiding Ndabeni-Abrahams het haar hoërskoolopleiding by die Holy Cross Senior Sekondêre Skool in Mthatha voltooi.
Sy het haar akademies gekwalifiseer aan die Rhodes-universiteit in Grahamstad. Sy is 'n ontvanger van 'n Gevorderde Sertifikaat in Projekbestuur; Statebond Telekommunikasie-organisasie Diploma in Telekommunikasie en Bestuurstelsels; 'n sertifikaat in Telekommunikasie, Beleid en Regulasiebestuur, aan die Wits-universiteit. sowel as 'n Projeksbestuursdiploma by Cranefields College. Politieke loopbaan Op 5 Augustus 2021 het president Ramaphosa die nasionale uitvoerende gesag herstruktureer en Ndabeni-Abrahams as Minister van Kleinsakeontwikkeling aangestel, in die plek van Khumbudzo Ntshavheni, wat as Minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie oorgeneem het.
Persoonlike lewe Stella Ndabeni-Abrahams is getroud met Thato Abrahams het drie kinders.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van kommunikasie Kategorie:Geboortes in 1978 Kategorie:Lewende mense