Emmanuel Nkosinathi "Nathi" Mthethwa (23 Januarie 1967 – 29 September 2025) was 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika en senior lid van die African National Congress (ANC). Hy het verskeie kabinetsposte oor sy loopbaan beklee; die laaste een was as minister van sport, kuns en kultuur vanaf 2019 tot 2023.

Mthethwa het van 2024 tot sy dood in 2025 as Suid-Afrikaanse ambassadeur in Frankryk gedien het. Hy het die ANC in die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika tussen 2002 en 2023 verteenwoordig, en hy was 'n kabinetsminister tussen September 2008 en Maart 2023.

Mthethwa is gebore in KwaZulu-Natal, prominent geword in die ANC-jeugliga en het in 2002 by die Nasionale Vergadering aangesluit. By die ANC se 52ste Nasionale Konferensie in Desember 2007 is hy verkies tot die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee en Nasionale Werkkomitee, waarin hy ononderbroke gedien het tot Desember 2022. In die nasleep van die 52ste Nasionale Konferensie, in Januarie 2008, het die ANC hom as Hoofsweep van die Meerderheidsparty in die Nasionale Vergadering aangestel. Hy het daardie pos beklee totdat hy in September 2008 in die kabinet opgeneem is.

Hy is deur destydse president Kgalema Motlanthe aangestel as Minister van Veiligheid en Sekuriteit, en hy het in dieselfde amp, later hernoem tot Minister van Polisie, in die eerste kabinet van President Jacob Zuma voortgedien. Gedurende sy ampstermyn in die polisieportefeulje van 2008 tot 2014, het Mthethwa se ministerie 'n omstrede rol gespeel in die Marikana-slagting en "Nkandlagate"-kontroversie. Hy het in Mei 2014 Minister van Kuns en Kultuur en in Mei 2019 Minister van Sport, Kuns en Kultuur geword, maar hy het die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee by die party se 55ste Nasionale Konferensie in Desember 2022 laat vaar en President Cyril Ramaphosa het hom in Maart 2023 uit die kabinet afgedank. Hy het 'n week later ook uit die Nasionale Vergadering bedank.

Ambassadeur in Frankryk: 2024–2025 In Julie 2023 het News24 berig dat president Ramaphosa aan Mthethwa 'n diplomatieke pos sou aanbied. Hy het sy geloofsbriewe as Suid-Afrikaanse ambassadeur in Frankryk op 29 Februarie 2024 oorhandig. In hierdie hoedanigheid was hy ook Suid-Afrika se permanente afgevaardigde by UNESCO in Parys tot sy dood in 2025.

Persoonlike lewe en dood Mthethwa was getroud met Philisiwe Buthelezi, 'n sakevrou en die hoof- uitvoerende beampte van die Nasionale Bemagtigingsfonds. Hulle het mekaar in 2009 by 'n ANC-konferensie ontmoet en op 16 Februarie 2013 in 'n Franse-tema-troue in Franschhoek getrou.

Op 30 September 2025 is hy dood aangetref nadat hy van die 22ste verdieping van die Hyatt Regency Paris Étoile-hotel geval het. Dit is later in die media bevestig dat hy waarskynlik sy eie lewe geneem het, omrede sy vrou die vorige dag teksboodskappe van Mthethwa se voorneme van hom ontvang het. Mthethwa was 58 met sy dood.

Verwysings

Kategorie:Alumni van die Universiteit Johannesburg Kategorie:Alumni van Rhodes-universiteit Kategorie:Geboortes in 1967 Kategorie:Sterftes in 2025 Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van kuns en kultuur Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van sport en ontspanning Kategorie:Zoeloes