Mathole Serofo Motshekga (gebore op 2 April 1949 in Modjadjiskloof, Noord-Transvaal) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en prokureur. Hy is 'n dienende lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die African National Congress, en 'n voormalige parlementêre hoofsweep van die party.
Motshekga was ook die tweede Premier van Gauteng. Benewens politiek, is hy 'n lektor in die regsfakulteit van die Universiteit van Suid-Afrika.
In Junie 2017 het Motshekga gesê die ANC kan president Jacob Zuma sonder teenstand verwyder. Hy het Cyril Ramaphosa openlik ondersteun vir die volgende presidentskap.
Verwysings
Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Geboortes in 1949 Kategorie:Suid-Afrikaanse advokate Kategorie:Alumni van die Universiteit van Suid-Afrika