Bathabile Dlamini (* 10 September 1962, Nquthu, Natal) is die voormalige Suid-Afrikaanse Minister vir Vroue in die Presidensie sedert 27 Februarie 2018, en die voormalige Minister van Maatskaplike Ontwikkeling.
Dlamini was die president van die Vroueliga van die African National Congress (ANCVL) van 2015 tot 2022, asook 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika.
Sy is op 9 Maart 2022 in die Johannesburgse landdroshof skuldig bevind aan meineed in 2018, nadat sy onder eed aan die ondersoekkomitee gelieg het.
Verwysings
Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Geboortes in 1962 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers Kategorie:Geboortes in 1968