Cedric Thomas Frolick (gebore 20 Januarie 1967) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en lid van die African National Congress. Hy dien tans as die huisvoorsitter vir komitees, oorsig en Inligtings- en Kommunikasietegnologie (IKT) in die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika.

Biografie Opleiding Frolick is in 1967 in Schauderville, 'n noordelike woongebied van Port Elizabeth, gebore. Hy het aan die De Vos Malan Laerskool in Schauderville skoolgegaan en gevorder om met vrystelling te matrikuleer by die David Livingstone Senior Secondary School in 1984. Daarna het hy aan die Universiteit van Port Elizabeth studeer vanaf 1985-1988 waar hy 'n BA graad met hoofvakke Aardrykskunde en Sielkunde behaal het in 1987. Hierna het 'n Hoër Diploma in Onderwys (nagraads) in 1988 en 'n BA Opvoedkunde (Honneursgraad) in 1992 gevolg.

Politiek Hy is 'n oudonderwyser, politikus en anti-apartheid aktivis. Hy het in 1999 uit die onderwys bedank om 'n voltydse politikus in die parlement te word. Op 18 November 2010 het die ANC hom as die huisvoorsitter vir komitees, oorsig en IKT in die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika aangestel.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1967 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Anti-apartheidsaktiviste Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktiviste