Pavia is 'n stad in Italië in die streek Lombardye 25 km suidelik van die stad Milaan aan die Ticinorivier. Dit is ook die hoofstad van die provinsie Pavia.
In die tyd van die Romeinse Ryk heet die stad, nes die rivier, Ticinum. Dit is later die hoofstad van die koninkryk van die Langobarde en is bekend as Papia. In die 14de eeu word daar 'n universiteit gestig en die katedraal stam ook uit hierdie tyd.
Teenswoordig is Pavia 'n nywerheidstad met voedingsmiddele, chemie en tekstiel. In die omgewing word wyn verbou. Die Certosa di Pavia is 'n kartuiserklooster wat op 8km afstand lê en bekend is vir sy laatromaanse en gotiese boukuns.
Bekende persone wat hier gebore is Pous Johannes XIV (?-984), gebore als Petrus Canepanova Girolamo Cardano (1501-1576), wetenskaplike Filippo de Filippi (1814-1867), soöloog Luigi Cremona (1830-1903), wiskundige Felice Casorati (1835-1890), wiskundige Bruno Giorgi (1940-2010), voetballer en afrigter Giovanni Lombardi (1969), wielrenner
Bekende persone wat hier oorlede is Boëthius (480-526), skrywer Dirk van Holland (?-1197), biskop
Kategorie:Nedersettings in Italië