duimnael|Visegrád-groep logo. Die Visegrád-groep, Visegrád Vier, of V4 is 'n informele alliansie van vier Sentraal-Europese lidstate van die Europese Unie (EU), naamlik die Tsjeggiese Republiek, Hongarye, Pole en Slowakye. Die doelwit is om samewerking tussen die vier state op gebiede soos verdediging, kultuur, ekonomie en energievoorsiening asook hul integrasie in die EU te bevorder.
Demografie Die Visegrád-groep het 'n gesamentlike bevolking van , wat indien dit 'n land was, die 22ste grootse ter wêreld en die 4de grootste in Europa (vergelykbaar met Frankryk, Italië, of die VK) sou wees. Die meeste inwoners woon in Pole (38 miljoen), gevolg deur die Tsjeggiese Republiek (bykans 11 miljoen), Hongarye (bykans 10 miljoen), en Slowakye (5.5 miljoen).
Hoofstede Boedapest (Hongarye): 1 759 407 inwoners (metro: 3 303 786) Warskou (Pole): 1 753 977 inwoners (metro: 3 105 883) Praag (Tsjeggiese Republiek): 1 267 449 inwoners (metro: 2 156 097) Bratislava (Slowakye): 432 801 inwoners (metro: 659 578)
Ander belangrike stede Pole: Krakow (762,448), Łódź (698,688), Wrocław (637,075), Poznań (541,561) Tsjeggiese Republiek - Brno (377,440), Ostrava (294,200), Pilsen (169,033) Liberec (102,562) Hongarye - Debrecen (203,914), Szeged (162,593), Miskolc (159,554), Pécs (145,985) Slowakye - Košice (240,688), Prešov (91,638), Žilina (81,515), Banská Bystrica (79,775)
Roterende presidentskap
Die land wat die Groep se presidentskap hou, verander elke jaar:
Huidige leiers
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Internasionale organisasies