SweepSouth is 'n Suid-Afrikaanse beginonderneming-aanlynplatform wat kliënte in staat stel om huishoudelike-skoonmaakdienste aanlyn te bestel. SweepSouth verbind skoonmakers met kliënte wat in dieselfde geografiese area is.

SweepSouth is in Junie 2014 deur die egpaar Aisha Pandor en Alen Ribic gestig en word deur hulle bedryf. 70% van skoonmakers wat op SweepSouth se platform geregistreer is, was werkloos. Skoonmakers verdien op SweepSouth 70%-80% van die totale fooi wat aan verbruikers gefaktureer word en verdien meer as twee maal die nasionale minimumloon. Nes Uber taxibestuurders en kliënte in staat stel om mekaar na afloop van 'n rit te gradeer, stel SweepSouth skoonmakers en kliënte in staat om terugvoer oor mekaar te gee.

SweepSouth word finansieel deur die waagkapitaalvoorsieners EdgeGrowth en Newton Partners gesteun. Die Suid-Afrikaanse DJ Black Coffee is ook 'n belegger.

Eienaars Beide eienaars Aisha Pandor en Alen Ribi is alumni van die 500 Startups-versneller in San Francisco. SweepSouth is die eerste Suid-Afrikaanse beginondernemings om aan hierdie program deel te neem.

Bronne

Eksterne skakels

Kategorie:Suid-Afrikaanse maatskappye