Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Wolof (volk).
Wolof is 'n Niger-Kongo-taal in Wes-Afrika wat deur sowat 5,3 miljoen mense gepraat word. Dit word deur die Wolof-volk gepraat en is die belangrikste taal in Senegal, nog voor die amptelike taal Frans. Wolof is een van die nasionale tale van dié land. Daarbenewens word Wolof in die aangrensende lande Gambië en Mauritanië gepraat.
duimnael|links|Kaart van Europa met landsname in Wolof duimnael|links|'n Vrou uit Senegal gee 'n voorbeeld van Wolof Wolof is die naaste verwant aan Fula en Serer. Afhangende van die gebied word Wolof met die Arabiese of die Latynse alfabet geskryf. Wolof vorm saam met ander tale die grondslag waaruit Haïtiaanse Kreools ontwikkel het.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Niger-Kongo-tale Kategorie:Tale van Gambië Kategorie:Tale van Mauritanië Kategorie:Tale van Senegal