duimnael|Karel die Kale

Karel die Kale (* 13 Junie 823 in Frankfurt am Main – † 6 Oktober 877 in Avrieux naby Modane), (Duits: Karl der Kahle, Frans: Charles II dit le Chauve, Engels: Charles the Bald), stam uit die Karolingers. Hy was van 843 – 877 koning van die Wes-Frankiese Ryk en van 875 tot 877 koning van Italië asook die keiser daarvan.

Na die dood van hul neef Lotarius ll in 870 verdeel Karel die Kale en sy broer Lodewyk die Duitser die gebied Lotaringe wat aan Lotarius II behoort het. Hulle doen dit met die verdrag van Meerssen wat ná die dood van keiser Lodewyk II van Italië plaasvind.

In 875 verkry Karel ook die Frankiese gebiede in Italië en die keisertitel. In 877 besluit hy om 'n veldtog teen die Moslems in Italië te voer, maar sterf daar op 6 Oktober. Karel die Kale word in die Wes-Frankiese Ryk deur Lodewyk II, "die Stamelaar", opgevolg.Medieval France: An Encyclopedia Psychology Press, 1995, ,

Gesin Karel het twee keer getrou en in totaal veertien kinders gehad. Sy eerste vrou was Ermentrude van Orleans, die dogter van Odo I van Orleans. Sy is op 27 September 830 gebore en was net twaalf jaar oud toe sy met Karel getrou het. Sy sterf op 6 Oktober 869. Hulle het die volgende nege kinders gehad:The History of the Drake Family and the Times They Lived: This Is a Study into the Genealogy of the Drake Family Name. Xlibris Corporation, 2013, , Judith * Oktober 844 - † April 879; sy trou met 1) Ethelwulf van Wessex, 2) Ethelbald van Wessex 3) Boudewyn I van Vlaandere Lodewyk "die Stamelaar" 846 - †879 Karel "die Kind" 847 - †866 Lotarius 848 -†865 Karloman 849 - †876 Rotrud 852 - †912 -- in die klooster van St. Radegunde Ermentrude 854 - †877 -- in die klooster van Hasnon Hildegard 856 (sterf jonk) Gisela 857 -†874

In 870 trou Karel met Richilde van Provence en die volgende vyf kinders word uit die huwelik gebore: Rothilde 871 -†929; getrou met Hugo, die graaf van Bourges en later met Roger, die graaf van Maien Drogo 872 -†873 Pepyn 873 - †874 'n Baba wat in 875 sterf Karel 876 - †877

Verwysings

Kategorie:Frankiese konings Kategorie:Keisers (HRR)