Albertus Stephanus "Kwagga" Smith (gebore 11 Junie 1993 in Lydenburg) is ’n rugbyspeler wat op flank vir die in Superrugby gespeel het, asook sedert 2016 vir Shizuoka Blue Revs (voorheen Yamaha Júbilo) in Japan.
Smith het sedert 2013 byna 160 wedstryde vir die Blitsbokke (7's-rugby) in internasionale toernooie gespeel. Hy maak sy toetsdebuut vir die Springbokke (15-man) op 2 Junie 2018 teen Wallis in Washington, D.C. op die ouderdom van 25 jaar. Hy was ook deel van Suid-Afrika se wenspan tydens die rugbywêreldbekertoernooie in 2019 en 2023.
Verwysings
Eksterne skakels
Smith se profiel op itsrugby.co.uk
Kategorie:Geboortes in 1993 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lions rugbyspelers Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Olimpiese sewesrugbyspelers