Die Langstekelseekastaiing (Diadema setosum) is 'n seekastaiing wat in die westelike Stille Oseaan asook die Indiese Oseaan voorkom, meer spesifiek, die Rooisee en die kus van Oos-Afrika tot by die noorde van KwaZulu-Natal. Die kastaiing word tot 70 mm groot. Die stekels is normaalweg donker van kleur maar is soms wit. Soms het die spesies met donker stekels wit met donker bande tussen in. Hulle kom voor in water wat tot 30m diep is. Hulle bly soms in groot groepe saam in areas wat versteur is bv. kaaie en waterfront areas. Die seedier vreet alge. Die stekelwonde is in pynlik wanneer dit die vel binnedring.

Galery

Verwysings

Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Eksterne Skakel http://www.sealifebase.org/summary/Diadema-setosum.html

Kategorie:Seekastaiings