Matteo Salvini (; gebore 9 Maart 1973) is 'n Italiaanse joernalis en politikus wat sedert 22 Oktober 2022 as die visepremier van Italië en minister van infrastruktuur en vervoer in die 68ste naoorlogse Italiaanse regering dien. Salvini het ook tussen 1 Junie 2018 en 5 September 2019 as die visepremier en minister van binnelandse sake in die 66ste naoorlogse regering gedien.Le prime cose che vuole fare Salvini al Ministero dell’Interno Hy verteenwoordig die federalistiese party Lega (Nord).
In April 2019 het die Amerikaanse tydskrif Time Matteo Salvini onder die 100 invloedrykste persoonlikhede ter wêreld gereken en hom derhalwe op die Time 100-lys geplaas.
Politieke standpunte Kritiek op EU-beleid Die Europese Unie se sanksies teen Rusland het talle Italiaanse uitvoerders van landbouprodukte, luukse goedere soos handvervaardigde skoene en ander produkte swaar getref. Salvini, wat as groot bewonderaar van Rusland se president Wladimir Poetin beskou word en "ekstatiese gevoelens" by Marine Le Pen, voorsitter van die Franse Rassemblement National gewek het, www.repubblica.it, 30 November 2014: Francia, Salvini "manda in estasi" Marine Le Pen. Besoek op 28 April 2019 het EU-sanksies weens Rusland se Krim-anneksasie skerp gekritiseer en daarop gewys dat Turkye met Noord-Siprus selfs 'n deel van die amptelike EU-gebied militêr beset het sonder dat sanksies teen dié land ingestel is. Zeit Online, 20 Julie 2018: Matteo Salvini - Italiens Innenminister verteidigt Russlands Krim-Annexion. Besoek op 28 April 2019 www.euractiv.com, 18 Oktober 2018: Salvini ‘at home’ in Moscow, denounces EU sanctions on Russia. Besoek op 28 April 2019
Verwysings
Kategorie:Italiaanse joernaliste Kategorie:Italiaanse ministers Kategorie:Adjunk-premiers Kategorie:Lede van die Europese Parlement Kategorie:Ministers van Binnelandse Sake Kategorie:Ministers van Vervoer Kategorie:Geboortes in 1973 Kategorie:Lewende mense