Esiyembeni is 'n landelike nedersetting in die Mtubatuba Plaaslike Munisipaliteit van Umkhanyakude-distriksmunisipaliteit in noordoostelike KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Dit is digby die samevloeiing van die Wit- en Swart-Mfoloziriviere, en teenoor die Fuleni-reserwe geleë.

Soos die res van die plaaslike munisipaliteit, val die nedersetting onder die jurisdiksie van die Mpukunyoni- Tradisionele Owerheid, 'n erkende leierskapsliggaam van die Zoeloe-sprekende Mkhwanazi-stam. Die gemeenskapsgrond word by die Ingonyama ingesluit, wat beteken dat inwoners onder die administrasie van die Ingonyama-trustraad val.

Die nedersetting lê naby die Somkhele-steenkoolmyn. Die oopgroefmyn word deur Tendele Coal Mining, ’n filiaal van Petmin, bedryf. Dit is sedert 2007 in bedryf, en is een van die grootste oopgroef-antrasietmyne in Suid-Afrika. Verdere myne van hierdie aard word vir die nabye Fuleni-reserwe beoog.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in KwaZulu-Natal