Die Gevorderde Versleutelingstandaard ("Advanced Encryption Standard" of AES), oorspronklik genoem Rijndael, is 'n spesifikasie vir die versleuteling van elektroniese data. Dit is deur die Amerikaanse Nasionale Instituut van Standaarde en Tegnologie (NIST) in 2001 voorgelê.
Dit is saamgestel uit 'n deel van die Rijndael-bloksyfer wat ontwikkel is deur twee Belgiese kriptograwe, Vincent Rijmen en Joan Daemen. Hulle het dit tydens NIST se seleksieproses vir die standaard voorgestel. Rijndael is 'n familie van bloksyfers met verskillende sleutel- en blokgroottes.
Vir AES het NIST drie Rijndael-bloksyfers gekies, elk bestaande uit 128 bisse, maar met verskillende sleutelgroottes: 128, 192 en 256 bisse.
Sien ook Bloksyfer Wereldrekenaar Netwerk kriptering Rijndael sleutelskedule Rijndael S-greep
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Kriptografie Kategorie:Bloksyfers