Die Roode Elsbergdam verskaf water vir huishoudelike gebruik en besproeiing aan plase noordwes van De Doorns.

Hierdie dam lê 10 km van De Doorns in die Sandddriftskloofrivier in die Hexrivierberge by die koördinate 33° 25′ 55.2″ suid en 19° 34′ 03.1″ oos. Dit is suidoos van die Swaarmoedpas en stroomaf in dieselfde rivier lê die Lakenvalleidam.

Dit is gebou in 1969, het ‘n opvanggebied van 139 km² en ‘n bakmaat van effens oor die 7½ miljoen m³.

Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap