Die NZASM 10 Tonner 0-4-0 van 1889 was 'n 10 ton Suid-Afrikaanse stoomlokomotief van die negentiende eeu en een van die eerste lokomotiewe van die Suid-Afrikaanse Republiek (ZAR). Dit is ontwerp volgens die beginsels van metropolitaanse vervoer wat destyds in die Lae Lande gebruik is en is gebou deur die Nederlandse firma Louis Smulders & Kie. Dit is gebruik om tremkarre oor kort afstande te trek, eerder as swaarder waens oor langer afstande.Espitalier, T.J.; Day, W.A.J. (1944). The Locomotive in South Africa - A Brief History of Railway Development. Chapter IV - The N.Z.A.S.M.. South African Railways and Harbours Magazine, Oktober 1944. pp. 762, 764.

duimnael|links|Tipiese Nederlandse stoomtrem. L.w., hierdie stoomtrem gebruik 'n spoorbreedte van 750 mm, nie 1067 mm nie Drie sulke tremlokomotiewe is gekoop vir gebruik op die 26 km spoorlyn tussen Boksburg en Johannesburg.

Die vervaardigers se argiewe toon dat die lokomotiewe afgelewer is met die Delagoabaainommers (50, 51 en 52) en dat hulle later met die NZASM-nommers (6, 7 en 8) hernommer is. Dus kan dit aanvaar word dat hulle by Delagoabaai gebruik is voordat hulle op die Boksburg-Johannesburgspoorlyn gebruik is en dat vyf NZASM-lokomotiewe alreeds in gebruik was toe hulle in die ZAR afgelewer is.

Die besonderhede van die NZASM 10-tonners volg hieronder. +Werksnr.Delagoabaai-nr.NZASM-nr.68 50 6 69 51 7 72 52 8 Hierdie lokomotiewe verskyn nie in die argiewe van die Imperial Military Railways van 1902 nie.

Verwysings

Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine