Light is 'n Amerikaanse onderneming wat deur Dave Grannan en Rajiv Laroia in 2013 in San Francisco gestig is en sy hoofkwartier tans in Palo Alto, Kalifornië, het. Die onderneming ontwikkel en vervaardig mobiele digitale fototoerusting. Sy produkte sluit 'n multi-lens- en multi-sensor-kamera in wat vir die gebruik in slimfone en ander mobiele toestelle ontwikkel is, en die L16, 'n mobiele toestel met 16 kameramodules wat in 2017 op die Amerikaanse en een jaar later ook op die Britse en Duitse mark ingevoer is. The Verge – Reviews: Light L16 camera review: Futuristic frustration. Besoek op 27 Mei 2018 photoscala.de: Light L16: Kompakte mit 16 Kameramodulen jetzt auch in Deutschland erhältlich. Besoek op 27 Mei 2018 Light is van voorneme om in die toekoms mobiele toestelle van hoë-gehalte-kameras en egte optiese zoemlense te voorsien.

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf

Kategorie:Amerikaanse maatskappye Kategorie:Fotografiese maatskappye