Die Klipheuweldam in die Moordkuilrivier verskaf water aan die munisipale gebied van Mosselbaai sowel as besproeiingswater vir die omliggende plase.

Die Moordkuilrivier sluit net buite die dorpie Klein-Brakrivier by die Klein-Brakrivier aan. Net voor die samevloeiing lê die dam. Dit is by 34° 03′ 12.3″ suid en 22° 08′ 46.3″ oos, en suid van die dorp Friemersheim en die Botlierskop-natuurreservaat.

Die dam het ‘n bakmaat van ruim oor die 4 miljoen m³.

Let op: die Moordkuilrivier is nie ‘n sytak van die Hartenbosrivier nie, maar wel die Klein-Brakrivier.

Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Bibliografie Topografiese kaart 1:50 000 Suid-Afrika – 3422AA Mosselbaai

Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap