Die Poortjieskloofdam in die Grootrivier verskaf besproeiingswater aan plase in die omgewing van Montagu.

Hierdie dam lê in die Langeberge, suidoos van Montagu, noord van die R62-pad na Barrydale en noord van die Sanbona natuurreservaat. Dit is by die koördinate 33° 52′ suid en 20° 22′ oos.

Die dam is in 1955 gebou en in 1968 ingrypend opgeknap, het tans ‘n volume van effens meer as 9 500 m³ met ‘n walhoogte van 38 m. As die dam vol is, is sy oppervlakte net meer as ‘n 102 ha.

Alhoewel ’n steil pas deel uitmaak van die grondpad van 5½ km na die dam, maak baie hengelaars daarvan gebruik.

Let wel Hierdie dam moet nie verwar word met die effens meer noordwes geleë Pietersfonteindam.

Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap